Verskil tussen weergawes van "Operasie Gomorrha"

k
thumb → duimnael
(Uitleg van bronteks)
k (thumb → duimnael)
[[Lêer:Royal Air Force Bomber Command, 1942-1945. CL3400.jpg|thumbduimnael|right|300px|Die verwoeste Hamburg in 1943]] '''Operasie Gomorrha''' was die militêre kodenaam vir 'n reeks lugaanvalle wat deur die [[Britse Lugmag]] tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] vanaf laat Julie 1943 teen die [[Duitsland|Noord-Duitse]] hawestad [[Hamburg]] uitgevoer is. Dit was destyds die ergste bomaanvalle in die geskiedenis van die lugoorlog. Die naam van die operasie verwys na die Bybelse verhaal oor die stede Sodom en Gomorrha wat as die tuiste van sondaars en misdadigers beskou is en deur [[God]] in 'n reën van vuur en [[swawel]] vernietig is. Die lugaanvalle, wat op bevel van die omstrede lugmaarskalk en opperbevelhebber van die Britse ''Bomber Command'', Arthur Harris, uitgevoer is, was dan ook daarop gemik om 'n [[vuurstorm]] in die woonbuurte van Hamburg te ontketen.
 
Volgens beramings het meer as 35&nbsp;000 siviele burgers in die inferno gesterf, en 125&nbsp;000 is beseer. 900&nbsp;000 Hamburgers het te voet uit die stad gevlug.<ref>''Unser Jahrhundert im Bild''. Gütersloh: Prisma 1985, bl, 573</ref> Die meeste van die slagoffers het in die digte rook verstik, en skokwekkende foto's soos dié van 'n klein seuntjie wat nog in die dood aan 'n lugbeskermingshelper vasklou nadat beide in die rook verstik het, kon eers ná die oorlog gepubliseer word - die Nazi-minister van propaganda en "volksvoorligting", [[Joseph Goebbels]], het nuusberigte oor die gevolge van lugaanvalle summier verbied, en ook die brandwere van Duitse stede was nie gemagtig om hul ervarings tydens die brandbestryding uit te ruil nie.<ref>''Unser Jahrhundert im Bild'' (1985), bl. 572-573</ref> Goebbels se siniese kommentaar ná die aanvalle op Hamburg was "''Man stellt sich doch alles viel schlimmer vor, als es nachher tatsächlich ist''." [Dinge blyk uiteindelik minder erg te wees as wat mens eers gedink het].
353 600

wysigings