Verskil tussen weergawes van "Vir altyd"

1 384 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
storielyn
(hoofrolspelers)
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
(storielyn)
Etikette: Selfoonbydrae Wysiging op selfoonwerf
* [[Ivan Botha]] as Hugo
* [[Donnalee Roberts]] as Nina
 
== Storielyn ==
 
Hugo en Nina was beste vriende kleintyd. Daar was altyd avontuur, maar nou is die verlede net 'n pynlike herinnering.
 
Op agt en twintig keer Hugo, 'n suksesvolle reisfotograaf, vir die eerste keer in 10 jaar terug na sy ouerhuis in die [[Paarl]]. Onbewus daarvan dat dit die vooraand is van Nina, 'n aspirant-sprokiesboekskryfster en eienares van 'n boekwinkel, se troudag.
 
Hugo word onverwags deel van Nina se groot dag, maar haar mooiste oomblik verander egter in 'n nagmerrie toe haar aanstaande, Retief, nie trou aan haar kan beloof nie en haar voor die kansel los.
Nina is histeries en dring aan daarop dat daar voortgegaan word met haar spogtroue, al is dit sonder haar bruidegom. Die sjampanje vloei en na die groot partytjie, skrik Hugo en Nina wakker op 'n vliegtuig wat gereed maak om op die tropiese eiland van die liefde, [[Mauritius]], te land.
 
Daar ontmoet hulle twee getroude paartjies: die Bothas, wat met 'n tweede wittebrood hul huwelik probeer red, en die Van Zyls, wat met vakansie is om hul goue huweliksherdenking te vier.
 
Hugo en Nina was heeltemal onvoorbereid op die avontuur wat hul 'wittebrood' vir hul inhou. Wit strande en watervalle was nie al nie. Die seer verlede word oopgekrap en ou liefde kan nie meer ontken word nie. Maar dan daag Retief op en dreig om Hugo en Nina se geluk te verwoes.
Slegs Nina kan haar toekoms bepaal.
 
== Eksterne skakels ==
244

wysigings