Verskil tussen weergawes van "Engelse Kanaal"

skakel
(skakel)
Die '''Engelse Kanaal''' ([[Bretons]]: ''Mor Breizh'', "Bretonse See"; [[Engels]]: ''English Channel''; [[Frans]]: ''La Manche'', "die mou"; [[Kornies]]: ''Mor Bretannek'', "Britse See") verbind die [[Keltiese See]] met die [[Noordsee]] en is geleë tussen die [[Europa|Europese]] vasteland met [[Frankryk]] in die suide en die [[Britse Eilande]] met [[Engeland]] in die noorde.
 
Die [[Kanaaleilande]] [[Guernsey]] en [[Jersey]] is in die suide naby die [[kus]] van Frankryk geleë en die [[Eiland Wight]] in die noorde digby die kus van Engeland. Die belangrikste rivier, wat in die kanaal vloei, is die [[Seine]] en die grootste stede is [[Bournemouth]], [[Brighton]], [[Plymouth]], [[Portsmouth]], [[Poole]], [[Southampton]] en [[Weymouth]] in die [[Verenigde Koninkryk]] en [[Le Havre]] in Frankryk.
 
Die sowat 560 km lange Engelse Kanaal is 'n verlengde inlaat van die [[Atlantiese Oseaan]] ná die ooste en vernou soos 'n menslike arm of mou. Dit is hoogstens 240 km wyd en die smalste plek in die [[Straat van Dover]] of Straat van Calais tussen [[Dover, Engeland|Dover]] en [[Calais]] is 34 km wyd. Die Engelse Kanaal het in die weste 'n gemiddelde diepte van 120 m en in die ooste naby die Noordsee 45 m. Die Franse [[département]] [[Manche]] grens teen die middel van die Kanaal en is daarna genoem.
Anonieme gebruiker