Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
+ Prent
 
[[Lêer:Bundesarchiv B 145 Bild-P017073, Berlin, Olympische Spiele im Olympiastadion.jpg|duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Berlyn tydens die Olimpiese Somerspele 1936]]
[[Lêer:Bundesarchiv Bild 183-R96374, Berlin, Olympiade, Jesse Owens beim Weitsprung.jpg|duimnael|links|[[Jesse Owens]] tydens die mans se verspring]]
 
Toe [[Adolf Hitler]] in Januarie 1933 aan bewind gekom het as kanselier, klink daar stemme op om die Spele na 'n ander land te skuif. In die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]] was daar selfs 'n veldtog om die Spele te boikot. [[Avery Brundage]], die voorsitter van die Amerikaanse Olimpiese Komitee, spreek hom teen 'n verskuiwing van die Spele uit, en hy kry ook steun van [[Pierre de Coubertin|De Coubertin]]. Net die [[Sowjetunie]] het hierdie spele geboikot.<ref>{{de}} {{cite book|author=Volker Ullrich|title=Adolf Hitler. Die Jahre des Aufstiegs 1889–1939|publisher=S. Fischer|location=Frankfurt am Main|year=2013|pages=622|isbn=3-10010-86005086005-5}}</ref> [[Spanje]] bly weg omdat dit deur 'n [[Spaanse burgeroorlog|burgeroorlog]] verskeur is.
 
Hoewel die Spele dus aan Berlyn toegeken is voordat die [[Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty|Nazi's]] in Duitsland aan bewind gekom het, sien die owerheid die Spele as 'n geleentheid om sy [[fascisme|fascistiese]] [[ideologie]] uit te dra. [[Leni Riefenstahl]] was aangestel om 'n film oor die Spele te maak. Die film ''[[Olympia (film)|Olympia]]'' kan as [[propaganda (kommunikasie)|propaganda]] bestempel word, maar gebruik 'n getal ongewone tegnieke wat destyds nog nie in sportfilms aangewend is nie. Dit was ook die eerste Olimpiese Spele wat in die [[televisie]] gebeeldsend is en die [[radio]]-uitsendings het 41 lande bereik.
 
{{Navigasie Olimpiese Spele}}
 
{{Normdata}}