Verskil tussen weergawes van "Mfecane"

1 greep verwyder ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(Uitleg van bronteks)
kNo edit summary
[[Lêer:Moshoeshoe.jpg|duimnael|200px|Moshoeshoe]]
 
Die [[Matabele]] (“mense met die lang skilde”) onder [[Silkaats]] (“pad van vloed”) vlug na die [[Hoëveld]] in die omgewing van die huidige [[Groblersdal]]. In 1825 is hulle noord van die [[Magaliesberg]]e. Hier val die Zoeloes hulle aan en wyk uit na Mosega en Kapain. Van hier beweeg die migrerende krygsmanstaat van Silkaats na hul uiteindelike bestemming, Matabeleland, en onderwerp die [[Masjona|Sjona]]. Soshangana vlug met 'n deel van die Ndwandwe na [[Gaza (provinsie)|Gaza]] in Mosambiek. Hulle vermeng daar met die [[Tsongas]] en die Tsonga-Sjangaans ontstaan. Die Zwangendaba, 'n deel van die Ndwandwe-groep, vlug na die suide van [[Tanzanië]]. Hul nasate in die dele is die [[Ngoni]]. Die Ngwani-stam vestig hulle onder Sobhuza in die huidige [[SwazilandeSwatini]]. Vlugtelinge uit die binneland vestig hulle in Barotseland in die weste van die huidige [[Zambië]] en stig die Kololo-koninkryk onder Sebetwane. Sotho-stamme van die Hoëveld en die [[Vrystaat]] is deur Zoeloe-stamme opgejaag. [[Moshoeshoe]] het sy verspreide volksgenote byeengebring op [[Thaba Bosigo]] en die staat [[Lesotho]] gestig. Daklose en honger vlugtelinge van die [[Tswanas|Tswana]], Sotho, Fingo en noordelike Nguni-groepe het suidwaarts gevlug na die [[Kaapkolonie]]. Die Fingo het onder die Temboes en die [[Xhosas]] gaan woon. 'n Zoeloeleër kon nie die Pondo verslaan nie. Die Ngwane is deur 'n gekombineerde mag van swartes en blankes teruggedryf.
 
== Grootste gevegte ==