Verskil tussen weergawes van "St. Moritz"

19 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
{| align="right" cellpadding="2" cellspacing="0" style="border:1px solid #88a; background:#CEDAF2; padding:5px; font-size: 85%; margin: 0 0 0.5em 1em; border-collapse:collapse;"
! align="center" colspan="2" style="color: #FFFFFF000000; background: #003399f7f8ff; padding: 4px; font-size:170%;" |
'''St. Moritz'''<br />''San Murezzan''<br />
[[Beeld:StMoritz from Corvatsch.jpg|280px]]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Kanton'''
| style="background: #f7f8ff; text-align:center;" | [[Beeld:Grisons-coat of arms.svg|15px]] [[GraubündenGroubunderland]]
|- style="border-top:1px solid #999;"
|&nbsp;'''Distrik'''
|}
 
'''St. Moritz''' ([[Duits]]e afkorting van '''Sankt Moritz''', [[Retoromaans]] ''San Murezzan'', [[Frans]] ''Saint-Maurice'', [[Italiaans]] ''San Maurizio'') is 'n dorp in [[Engadin|Oberengadin]] in die administratiewe distrik Maloja van die [[Switserland|Switserse]] kanton [[GraubündenGroubunderland]]. St. Moritz is een van die bekendste vakansiedorpe en skioorde in die [[Alpe]] en het as die gasheerdorp van die IIde en Vde [[Olimpiese Winterspele]] in 1928 en 1948 opgetree. Ondanks sy kosmopolitiese karakter het die dorp net 'n permanente bevolking van sowat 5&nbsp;200.
 
== Geskiedenis ==
St. Mauritius was naas St. Luzi in Zuoz en St. Peter in Samedan een van die drie hoofkerke in die vallei; sy parogie het die boonste deel van die vallei van St. Moritz tot by Sils behels. Slegs die Romaanse kerktoring het van die kerkgebou in die vallei bewaar gebly. Nadat die helling, waarop die kerk ontstaan het, begin afgly het, het dit 'n leunende toring geword.
 
In 1577 was St. Moritz een van die laaste kerkgemeentes in die Engadin wat die [[Protestantse Hervorming|Reformasie]] deurgevoer het. Die gereformeerde dorpskerk is in 1787 opgerig, terwyl die Nieu-Gotiese toring in 1897 ontstaan het. In 1867 is die Rooms-Katolieke parogiekerk St. Mauritius gebou; latere kerkgeboue was die Rooms-Katolieke badkerk St. Karl Borromäus (1889), die Engelse kerk (1871) en die Franse kerk (1877).
 
== Die mineraalbaddens en toerismebedryf van St. Moritz ==
 
Die plaaslike hotelbedryf het vanaf die middel van die 19de eeu begin ontwikkel toe Johannes Badrutt sy Kulm-hotel in die dorpsgebied van St. Moritz geopen het. Dit het vinnig tot 'n leidende luukse hotel ontwikkel en was in 1879 die eerste wat van elektriese beligting voorsien is. Groot luukse hotelle het vanaf 1875 ook in St. Moritz-Bad, in die dorpsgebied en in Suvretta ontstaan, naas 'n groot aantal kleiner hotelle en herberge. St. Moritz het in die periode tussen die 1870's en die [[Eerste Wêreldoorlog]] geleidelik tot 'n "stad in die hooggebergte" ontwikkel. In 1906 is die plaaslike bouwet afgekondig.
[[Beeld:Corviglia StMoritz.jpg|duimnael|links|250px|Die kabelspoorstasie van Corviglia]]
Engelse toeriste het in die 1880's verskeie wintersportsoorte soos curling, [[skeleton]] en [bobslee]] ingevoer. In 1890 is die eerste natuurys-bobsleebaan geopen, en St. Moritz het 'n gewilde wintersportbestemming geword wat in [[Olimpiese Winterspele 1928|1928]] en [[Olimpiese Winterspele 1948|1948]] ook as gasheerstad van die [[Olimpiese Winterspele]] opgetree het. Sportaktiwiteite sluit sedert 1907 perdewedrenne op die bevrore St. Moritzmeer in. Nogtans het baie luukse hotelle in die tyd ná die Eerste Wêreldoorlog moeilike tye beleef, en sommige is selfs enkele jare lank gesluit. Die ekonomiese opswaai, wat in die 1920's begin het, het tot in die tydperk net voor die [[Groot Depressie]] en die [[Tweede Wêreldoorlog]] voortgeduur.
 
Die vinnige ekonomiese herlewing en groeiende aantal toeriste het in die 1950's met grootskaalse bouprojekte gepaard gegaan. In die jaar 2004 het St. Moritz se hotelle oor 5&nbsp;642 beddens beskik, terwyl 'n bykomende 3&nbsp;500 beddens in die parahotelbedryf en 4&nbsp;000 in woonstelle beskikbaar was.
 
Die huidige toeristetrekpleisters en sportgeriewe sluit 'n bergoefensentrum vir atlete (sedert 1967), die Engadin-museum (1906) en die Segantini-museum (1908) in.