Verskil tussen weergawes van "Soutwater"

4 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
(Nuwe onderwerp oor soutwater, toenemende versouting van waterbronne en nuwe tegnologie wat ontsoutingsaanlegte minder energie laat gebruik.)
 
== Seewater ==
[[Lêer:Sea Salt.jpg|duimnael|330x330px|Seesout. Die soutinhoud (natrium en chloor) in die oseane is 3 gram per 100 gram water. Dit is verreweg die meeste van al die minerale wat hoofsaaklik deur riviere in die oseane gestort word. ]]
Seewater proe nie verniet sout nie: dit bevat ’n groot hoeveelheid [[natriumchloried]], oftewel tafelsout. Die konsentrasie in seewater is sowat 3%, wat beteken dat daar 3 gram sout per 100 gram water is. Sout kom wel ook in varswater voor, maar in sulke onbeduidende hoeveelhede dat dit nie ’n souterige smaak het nie.
 
Natrium en chloor maak tesame sowat 86% uit van die minerale in die see, met magnesium, kalium, kalsium (in die vorm van kalsiumbikarbonaat en kalsiumsulfaat) en ook ander sulfate die res. Dit beteken dat die vastestofinhoud van seewater sowat 3,5 gram per 100 gram water behels en dit is dan ook eenvormig in al die verskillende oseane.
17 944

wysigings