Verskil tussen weergawes van "Yasunari Kawabata"

k
→‎Lewensgeskiedenis: interne skakel
k (→‎Lewensgeskiedenis: interne skakel)
Yasunari Kawabata is op 11 Junie 1899 in [[Osaka]], [[Japan]] gebore as die enigste seun van 'n welaf en gesofistikeerde dokter. Op die ouderdom van drie jaar verloor hy albei sy ouers en word hy na sy blinde, siek oupa aan moederskant in 'n afgeleë dorpie gestuur waar hy baie eensaam grootword. Die traumatiese verlies het ongetwyfeld 'n emosionele letsel gelaat aangesien die tema van dood en eensaamheid deur al Kawabata se werk eggo.
 
Eers wou hy 'n skilder word, maar na sy kortverhale gepubliseer is terwyl hy nog op hoërskool was, het hy besluit om 'n skrywer te word. Hy het in [[1920]] sy literêre studies aan die Tokio Keiserlike Universiteit begin en vier jaar later gegradueer. Saam met Yokomitsu Riichi, het Kawabata 'n tydskrif gestig, getiteld Bungei Jidai (Die Kunsera), wat die nuwe beweging in moderne [[Japannese letterkunde]] bepleit het.
 
In [[1927]] is sy eerste suksesvolle kortverhaal, Izu no odoriko (Die Izu-danser) gepubliseer, wat halfoutobiografies was aangesien dit 'n weergawe van sy eie jeugdige geboeidheid met 'n danser was. Na sy huwelik in [[1931]] het hy homself in Kamakura gevestig en verskeie ander merkwaardige werke geskryf. In [[1935]] het hy met een van sy bekendste romans, Yukiguni (Die Sneeuland) begin, maar dit eers twaalf jaar later voltooi omdat hy nie kon besluit op 'n gepaste einde nie. In [[1954]] word nog een van Kawabata se beste werke gepubliseer, Yama no oto (Die klank van Die Berge) waarin hy gebruik maak van 'n reeks gekoppelde episodes om 'n gesin se krisis weer te gee.
28 017

wysigings