Verskil tussen weergawes van "Mekong"

4 522 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Inligting bygewerk
(Inligting bygewerk)
 
Die uiterste seisoenale veranderinge in die vloei van die rivier en die teenwoordigheid van stroomversnellings en watervalle in die rivier maak dit moeilik om die rivier te bevaar.
 
Die Mekong, wat 4 500 km lank is, is een van die grootste riviere van Suidoos-Asië. Die rivier ontspring in die Hoogland van [[Tibet]] en vloei deur smal dale tussen hoë bergrûens suidwaarts tot diep in Kampuchea (voorheen [[Kambodja]]).
 
Van [[Kratie]] in Kampuchea stroomopwaarts is net sekere dele van die rivier bevaarbaar en is daar maar net 'n paar klein geïsoleerde vlaktes wat vir rysverbouing geskik is. Suid van Phnom Penh vorm die Mekong ʼn groot delta, wat een van die belangrikste rysverbouingsgebiede van Suidoos-Asië uitmaak.
 
Die Mekong, wat 4 500 km lank is en 'n stroomgebied van 800 000 km<sup>2</sup> het, ontspring in die [[Tanglha-gebergte]] (6 000 m haag), 'n bergketting noordoos van die [[Transhima laja]], in die Hoogland van Tibet.
 
== Die bo-en middelloop ==
Van sy oorsprong tot naby [[Luang Prabang]] vloei die rivier deur nou dale tussen hoë bergkettings in 'n baie dun bevolkte gebied. Die klimaat is tipies vir hooggebergtes en die reënval laag. Hierdie deel van die rivier is nie bevaarbaar nie van wee stroomversnellings.
 
By Luang Prabang, op 'n hoogte van 350 m, waar die rivier vir die eerste keer 'n klein alluviale vlakte vorm, begin die middelloop. Luang Prabang is die noordelikste plek wat per skip bereik kan word en is in ʼn geïsoleerde rysgebied geleë. Suid van die stad tot by [[Vientiane]], 160 m bo seespieël, vloei die rivier weer deur 'n nou vallei. Tussen Luang Prabang en Vientiane daal die rivier 1 m/km.
 
Van Vientiane 270 km suidwaarts tot by Savannakhet, wat 140 m bo seespieël is, is daar 'n geringe daling van 7 tot 8 cm/ km. Hier eindig die bevaarbare deel van die middelloop van die rivier. Oos van [[Savannakhet]] is Lao se enigste belangrike rysvlakte.
 
Ongeveer 200 km suid van Savannakhet, 90 m bo seespieël by [[Pakse]], is 'n studam in die rivier gebou. Die daling tussen die 2 stede is 25 cm/km. Naby Pakse vloei die Mekong langs die [[Plato van Bolovens]] verby. Een van die belangrikste syriviere van die Mekong is die [[Mae Nam Mun]], wat in die [[Koratplato]] in die noordooste van [[Thailand]] ontspring en op die grens tussen Lao en Kampuchea in die Mekong uitmond.
 
In Lao vloei baie riviere van die oostelike bergland na die Mekong. Die belangrikste is die [[Nam Theun]], [[Se Noi]], [[Se San]] en [[Se Kong]]. Die Mekong se waterstand kan aansienlike verskille toon in die droë seisoen rondom Februarie en Maart en sy hoogste vlak in die nat moesonperiode, wat in Lao in Augustus en in Kampuchea ongeveer 'n maand later begin.
 
== Die benedeloop en die delta ==
Suid van [[Laos|Lao]] se grens met [[Kampuchea]] is die [[Khone-waterval]], wat ʼn belemmering vir skeepvaart vorm, maar van groot belang is vir energievoorsiening. Hier daal die rivier 22 m oor 'n afstand van 10 km. Tot by Kratie vloei die rivier nog deur 'n baie nou vallei, wat by [[Kompong Cham]] in 'n alluviale vlakte oorgaan.
 
By Phnom Penh sluit die belangrikste syrivier van die benedeloop, die Tonie Sap, hom by die Mekong aan. Hierdie rivier mond uit in die Tonie Sap-meer, wat ʼn baie belangrike regulerende werking op die waterstand van die Mekong het en daardeur ʼn natuurlike beskerming teen oorstromings in die delta van die rivier vorm.
 
Die delta begin suid van [[Phnom Penh]]. Vanweë hierdie natuurlike regulering is die rivier tot by Phnom Penh (550 km van die monding af) die hele jaar bevaarbaar. In die reënseisoen - van Augustus tot November - vloei water van die Mekong deur 'n kanaal wat die rivier met die [[Tonie Sap]], net bokant Phnom Penh, verbind, waardeur die gevaar van oorstroming verminder word.
 
Wanneer die Mekong se watervlak in die droë seisoen, van Januarie tot Mei, daal, vloei water uit die Tonie Sap na die rivierterug. Suid van Phnom Penh, 300 km van die monding af, begin die Mekong-delta, wat 'n oppervlakte van 70 000 km<sup>2</sup> beslaan. Tot hier toe was die vrugbare alluviale vlakte langs die rivier relatief klein, maar die delta vorm een van die belangrikste rysverbouingsgebiede van [[Suidoos-Asië]].
 
In die middel en in die ooste van die delta is die bevolkingsdigtheid baie hoog. Die moerassige noordooste is egter dun bevolk, terwyl vestiging in toenemende mate in die westelike en suidelike dele geskied. 'n Studiegroep waaraan 18 lande in samewerking met die [[VVO]] deelneem, werk aan die [[Laer-Mekong-projek]], waarmee beoog word om die energievoorslenings- en besproeiingsmoontlikhede en die bevaarbaarheid van die rivier te verbeter.
 
== Fauna ==
Die [[Mekong-kom]] is een van die gebiede van die wêreld met die rykste biodiversiteit. Meer as 1200 [[vis]]spesies is geïdentifiseer en daar kan moontlik soveel as 1700 wees. [[Visvang]] is een van die belangrike ekonomiese aktiwiteite in die gebied en 'n noodsaaklike bron van [[proteïene]] in die plaaslike dieet. Daar word beraam dat daar met soveel as 120 visspesies handel gedryf word maar die meeste van die handel word oorheers deur sowat 10&ndash;20 spesies.<ref>[http://www.mrcmekong.org/download/free_download/Mekong_Development_No2.pdf 'n Verhandeling deur die Mekong rivierkommissie oor die vissery en biodiversiteit van die Mekong]</ref>
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409591, volume 18, bl. 106
{{Saadjie}}
{{Verwysings}}
 
{{Normdata}}
2 127

wysigings