Germania Superior: Verskil tussen weergawes

Geen grootteverandering nie ,  15 jaar gelede
k
Aanvanklik het Romeinse soldate met hulle beduidende koopkrag in die gebied oorheers, maar met die begin van die vreedsame periode vanaf die laat 1ste tot by die 3de eeu is die provinsie in ''civitates'' verdeel - groter nedersettings wat as hoofsentra van die verskillende omliggende stamgebiede gedien het.
 
Aan die linkeroewer van die Ryn behoort hierdie ''civitates'' soos Noviomagus (Speyer) en Borbetomagus (Worms) tot die oudste stede in Duitsland. In die gebiede, wat regs van die Ryn geleë is, het die Romeinse heerskappy slegs tot by die 3de eeu voortgeduur, en die kontinuïteit van nedersettings soos Nida (Frankfurt-Heddernheim) is al voor die [[Middeleeue]] beëindig. Daar is egter 'n aantal belangrike Romeinse nedersettings soos byvoorbeeld Dieburg, Wiesbaden of Ladenburg wat waarskynlik as onbeduidende dorpe nog in die [[Middeleeue]] voortbestaan het.
 
Naas die groter nedersettings, militêre kampe en landelike dorpe (Latyns: ''vici'') soos Altiaia (Alzey) en Eisenberg het ook in Germania Superior landgoede (''villae rusticae'') ontstaan wat soms deur opvallende luukse gekenmerk was. Die Romeinse opelugmuseum in Hechingen-Stein byvoorbeeld lewer 'n goeie indruk van die landelike lewe van welvarende Romeine.