Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

7 907 grepe bygevoeg ,  6 maande gelede
Bygewerk
}}
 
Die '''nasionale vlag van [[Suid-Afrika]]''' is op 20 April 1994 in die Staatskoerant afgekondig en op [[27 April]] [[1994]] amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n [[swart]] driehoek met [[geel]] fraiings teen die vlagpaal, ’n [[groen]] [[gaffel (heraldiek)|gaffel]] (horisontale “Y”) met [[wit]] fraiings met sy tande teen die vlagpaal loop in die helfte van die vlag ineen en dan tot in die wapperkant. Bo die groen gaffel is ’n [[rooi]] [[trapesium]] en daaronder is ’n [[blou]] trapesium. Die bane aan die wapperkant het ’n verhouding van 5:1:3:1:5.
 
Die vlag van Suid-Afrika is in Maart 1994 deur die destydse Suid-Afrikaanse staatsheraldikus [[Frederick Brownell]] ontwerp<ref name="BBC">{{en}} {{cite web|url=https://www.bbc.com/news/magazine-27155475|title=Fred Brownell: The man who made South Africa's flag|publisher=[[BBC]]|date=27 April 2014|accessdate=271 MaartApril 2019}}</ref> en aan die begin van die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994|algemene verkiesing van 1994]] goedgekeur. Die nuwe nasionale vlag is gekies om die land se nuwe [[demokrasie]] aan die einde van [[Apartheid]] te simboliseer en het die vlag wat vanaf 1928 gebruik is, vervang. Met die einde van apartheid was daar ’n wydverspreide gevoel dat die voormalige nasionale vlag – bekend as [[Oranje, Blanje, Blou]] weens sy kleure – vervang moes word as gevolg van sy rassistiese konnotasies in die oë van baie Suid-Afrikaners. Die ou vlag word vandag dikwels óf as ’n simbool van [[Afrikanernasionalisme]] of as ’n simbool van apartheid gesien.<ref>{{en}} {{cite book|first=Christi|last=Van der Westhuizen|title=White Power & the Rise and Fall of the National Party|publisher=Zebra Press|edition=|year=2007|isbn=1-77007-305-1|page=326}}</ref>
 
Op soek na ’n nuwe vlag is die bevolking ingespan om aan ’n publieke wedstryd deel te neem, maar geen van die ontwerpe kon die goedkeuring van die kommissie behaal nie. Toe die inhuldiging van [[Nelson Mandela]] as die nuwe [[president van Suid-Afrika]] genader het, is ’n ontwerp van Frederick Brownell tydelik aangeneem en net sewe dae voor dié geleentheid aan die publiek bekendgestel. Die reaksies was só positief dat die tydelike vlag amptelik as nasionale vlag in die [[Grondwet van Suid-Afrika]] ingeskryf is.<ref>{{en}} {{cite web |url=https://www.britannica.com/topic/flag-of-South-Africa |title=Flag of South Africa |work=[[Encyclopædia Britannica]] |accessdate=1 April 2019}}</ref> Aangesien die aantal probleme wat Suid-Afrika in sy geskiedenis beleef het, is die konsensus oor die nuwe nasionale vlag buitengewoon. Ten spyte van sy nuutheid het die vlag ’n uitstekende nasionale simbool geword, selfs onder [[blanke Suid-Afrikaners]], wie se vlag dit vervang het, en word nou gereeld by [[sport]]- en verwante gebeurtenissegeleenthede soos [[krieket]], [[rugby]] en [[sokker]] – en ander gebeurtenisse, getoon.
 
== Ontwerp ==
=== Heraldiese beskrywing ===
[[Lêer:Pm cricket shots09 6058.jpg|duimnael|links|Die vlag wapper by ’n sportbyeenkoms in die [[Sydney-krieketveld]] in 2009]]
Die nasionale vlag word in die [[grondwet van Suid-Afrika]] soos volg beskryf:<ref>{{af}} {{cite web|title=Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996|url=http://www.justice.gov.za/legislation/constitution/SAConstitution-web-afr.pdf|publisher=Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling|pages=129|accessdate=1 MaartApril 20182019}}</ref>
 
# ''Die nasionale vlag is reghoekig, en is een en ’n half maal langer as die wydte daarvan.''
 
=== Simboliek ===
Die ontwerp en kleure is ’n samevatting van hoofelemente uit Suid-Afrika se vlaggeskiedenis. Saam met die [[vlag van Suid-Soedan]] is die vlag van Suid-Afrika een van net twee vlae wêreldwyd wat ses verskillende [[kleur]]e in sy ontwerp het (dit sluit skakerings van een kleur in ’n vlag uit).<ref name="cia_factbook">{{en}} {{cite web|url=https://www.cia.gov/library/publications/the-world-factbook/geos/sf.html|title=South Africa|publisher=[[Central Intelligence Agency]]|date=6 Mei 2016|accessdate=271 MaartApril 2019}}</ref> Daar is geen amptelike simboliek aan die vlagkleure verbonde nie.<ref>{{en}} {{cite book |first=Frederick G |last=Brownell |authorlink=Frederick Brownell |title= Convergence and Unification : The National Flag of South Africa (1994) in historical perspective, |type=PhD|publisher=[[Universiteit van Pretoria]]|location= [[Pretoria]]|date=2015|hdl=2263/50847}}</ref><ref name="cia_factbook" /> Rooi, wit en blou, die kleure van [[Nederland]] en die [[Verenigde Koninkryk]] wie se setlaars die land gedurende die koloniale tydperk geregeer het, is geïntegreer met die [[Pan-Afrika kleure]] van die [[African National Congress|ANC]] (wat die vernaamste versetbeweging teen die rassistiese regering was), naamlik swart, geel en groen.<ref name="cia_factbook" /> Die gaffel (Y) beteken dat Suid-Afrika vorentoe die toekoms moet ingaan met die verskillende rassegroepe as een,<ref name="cia_factbook" /><ref name="Greig">{{en}} {{cite book|author=Greig, Charlotte|title=The Dictionary of Flags|publisher=Grange Books|isbn=1-84013-758-4}}</ref> of dat die hede en die verlede saamvloei.<ref name="Die_Burger">{{af}} {{cite web|url=http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1998/09/19/2/37.html|title=Xhosa|publisher=[[Die Burger]]|date=19 September 1998|accessdate=17 Mei 2016}}</ref>
 
=== Ontwerp ===
[[Lêer:Vertical Flag of southafricaSouth (atamari)Africa.jpgsvg|duimnael|DieVertikale vlagvertoning van die Suid-AfrikaAfrikaanse in [[Kampsbaai]], [[Kaapstad]]vlag]]
Met die aanvang van die nuwe regering in 1994 het Suid-Afrika ook ’n nuwe vlag gekry om die nuwe verenigde nasie te simboliseer. Die vlag is ontwerp deur Frederick Brownell, destydse staatsheraldikus van Suid-Afrika. Hy het ook die [[vlag van Namibië]] ontwerp, nadat dit op 21 Maart 1990 van Suid-Afrika onafhanklik geword het.
 
 
=== Kleure ===
[[Lêer:Flag of South Africa (Pantone).svg|duimnael|Die vlag met Pantone-kleure]]
Die kleurskema word hieronder gelys:
 
{| style="align:center;" class="wikitable"
|-
| 0C1C8C
|- align=center
| Tekstielkleur<ref>{{en}} [http://www.info.gov.za/aboutgovt/symbols/flag.htm www.info.gov.za/aboutgovt/symbols/About government – National flag.htm<!-- Bot generated title -->]</ref>
| style="background-color:#007C59"|
| CKS 42 c Spektrumgroen
 
== Geskiedenis ==
=== 1902–1910 ===
[[Lêer:Flag of South Africa 1928-1994, small flags.svg|duimnael|Die drie kleinere vlae binne die vroeëre vlag van Suid-Afrika van links na regs: die [[vlag van die Verenigde Koninkryk]], die vlag van die [[Oranje-Vrystaat]] en die vlag van die [[Zuid-Afrikaansche Republiek]] ([[Transvaal]])]]
[[Lêer:New South African flag unveiling.jpg|duimnael|Die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur tot die Verenigde State, [[Harry Schwarz]], onthul die nuwe vlag van Suid-Afrika op 6 Mei 1994]]
Na die [[Tweede Vryheidsoorlog]] van 1899 tot 1902 en die stigting van die [[Unie van Suid-Afrika]] in 1910 is die [[Vlag van die Verenigde Koninkryk|Britse vlag]] gebruik as die vlag van die Unie. Vir gebruik op see is blou en rooi [[Britse vaandels]] gebruik, met die wapenskild uit die landswapen om hulle te differensieer. Hierdie is nie bedoel as die nasionale vlag nie maar as [[Burgerlike Vaandel|handelsvlag]] en [[Staatsvlag|diensvlag ter see]], maar in werklikheid is veral die rooi variant as nasionale vlag beskou.
 
=== 1910–1928 ===
Met uniewording in 1910 het die "Union Jack" van die Verenigde Koninkryk ook Suid-Afrika se vlag geword. Vir gebruik op see is die blou en rooi Britse vaandels gebruik, met Suid-Afrika se landswapen daarop om hulle van die gewone vaandels te onderskei.<ref>{{en}} {{cite web |url=http://fotw.fivestarflags.com/za_1910.html |title=South African Vessels Ensign |author=Flags of the World |accessdate=17 Mei 2016 }}</ref><ref>{{de}} {{cite web |url=http://www.flaggenlexikon.de/fsuedafr.htm |title=Südafrika – Großbritannien Flaggensystem eingeführt |author=Volker Preuß |accessdate=17 Mei 2016 }}</ref> Na bewering het generaal [[Louis Botha]] tydens die [[Eerste Wêreldoorlog]] die rooi vaandel gebruik in sy kampanje in [[Duits-Suidwes-Afrika]]. Die rooi vaandel is glo soms op regeringsgebou gehys en die blou vaandel is by Suid-Afrika se kantore in die buiteland gehys.<ref>{{en}} {{cite book|author=F.G. Brownell|title=National and Provincial Symbols|year=1993}}</ref>
 
=== 1928–1994 ===
{{Hoofartikel|Oranje, Blanje, Blou}}
[[Lêer:Flag of South Africa 1928-1994, small flags.svg|duimnael|links|Die drie kleinere vlae binne die vroeëre vlag van Suid-Afrika van links na regs: die [[vlag van die Verenigde Koninkryk]], die vlag van die [[Oranje-Vrystaat]] en die vlag van die [[Zuid-Afrikaansche Republiek]] ([[Transvaal]])]]
[[Lêer:Drapeau afs.jpg|duimnael|Oranje, Blanje, Blou, die vorige vlag van Suid-Afrika, 1928 tot 1994]]
In 1925 het Suid-Afrikaners begin dink aan ’n eie vlag vir die land. Daar was felle teenstand deur sommige "jingoes" wat niks anders as die Union Jack wou hê nie. In [[Durban]] het 15&nbsp;000 mense amper oproerig geraak in hul teenstand teen ’n nuwe vlag. Self dié wat ’n nuwe vlag voorgestaan het, het ook erg baklei. Die regering het professor Blommaert in bevel van ’n sentrale vlagkomitee aangestel om aanbevelings te maak. Hul verslag is eers in 1927 ingedien. Die komitee se aanbeveling was dat die agtergrond van die vlag Prins Willem van Oranje se vlag van ewe wye horisontale oranje, wit en blou bande moes wees. Hierdie vlag was juis die agtergrond van die [[Verenigde Oos-Indiese Kompanjie|Nederlands-Oos-Indiese Kompanjie]] toe hulle aan die Kaapland. Die vlag word ook die Van Riebeeckvlag of die Prinsevlag genoem. In die middel van die wit baan was die vlag van die [[Oranje-Vrystaat]] wat vertikaal en vol oopgesprei afhang. Aan weerskante daarvan en vas daarteen die Union Jack, soos dit in 1927 bestaan het, horisontaal en vol oopgesprei in die rigting van die vlagpaal; die [[Vierkleur]] van die [[Zuid-Afrikaansche Republiek]] horisontaal en vol oopgesprei weg van die vlagpaal af.<ref>{{en}} {{cite book|author=Peter Joyce|title=The South African Family Encyclopaedia|publisher=Struik|year=1989}}</ref><ref>{{af}} Artikel 5 van Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet no. 32 van 1961.</ref> Die regering het tot ’n verdere vergelyk gekom: Daar sou voortaan twee nasionale vlae in Suid-Afrika wees, die nuwe vlag en die Union Jack. Die [[Minister van Binnelandse Sake|minister van binnelandse sake]] wat die wetsontwerp voorgestel het, [[Daniël François Malan]], het verduidelik dat "Union nationals must also be British subjects, a smaller circle within a larger one". Die Uniale Nasionaliteit en Vlae Wet (No. 40 van 1927) is met ’n groot meerderheid aanvaar. Die nuwe vlag is vir die eerste keer op 31 Mei 1928 gehys.<ref>{{en}} {{cite book|author=Eric A Walker|title=A History of Southern Africa|publisher=Longmans|location=Kaapstad|year=1962|pages=613}}</ref>
 
Die keuse van die Prinsevlag as basis was ’n kompromie omdat dit die eerste vlag was op Suid-Afrikaanse bodem en omdat dit ’n polities neutrale vlag was (dit was geen land se nasionale vlag nie). ’n Ander aspek aan die kompromie was dat die Britse vlag óók die amptelike vlag sou bly. Suid-Afrika was dus die enigste land ter wêreld met twee nasionale vlae. Hierdie situasie het in 1957 verander toe die Unievlag (''Union Jack'') haar status as nasionale vlag verloor het. Die rooi vaandel van 1910 is egter tot 1 Januarie 1960 as die handelsvlag behou.<ref name=msa>{{af}} Handelskeepvaartwet 1951; ''Staatskoerant'' nr 6085, gedateer 25 Julie 1958</ref> Met Republiekwording is dieselfde nasionale vlag behou.<ref>{{af}} Wet 32 van 1961, artikel 5</ref> Omdat die miniatuur-vlag van die Oranje-Vrystaat op sy beurt ’n miniatuur van die Nederlandse vlag bevat het, was die ou Suid-Afrikaanse vlag die enigste voormalige nasionale vlag wêreldwyd met ’n vlag in ’n vlag in ’n vlag. In hierdie reëling geniet elkeen van die miniatuurvlae gelyke voorrang.<ref>{{en}} {{cite book|ref=harv|last=Brownell|first=F. G. |authorlink=Frederick Brownell|title=National and Provincial Symbols and Flora and Fauna Emblems of the Republic of South Africa|url=https://books.google.com/books?id=fo4yAQAAIAAJ|year=1993|publisher=C. van Rensburg|isbn=978-0-86846-074-1}}</ref>
 
Ná ’n [[Suid-Afrikaanse referendum van 1960|referendum]] het Suid-Afrika op 31 Mei 1961 ’n republiek geword maar die vlag het dieselfde gebly ondanks druk van Brittanje om die Britse vlag te verwyder; maar ook Afrikaners het vir die verwydering van die Britse vlag gepleit. In 1968 het die destydse [[Eerste Minister van Suid-Afrika|eerste minister]], [[John Vorster]], hom vir die aanneming van ’n nuwe vlag ter geleentheid van die tiende herdenking van republiekwording in 1971 beywer, maar dit is nooit gerealiseer nie.<ref>{{en}} {{cite news | newspaper= The Glasgow Herald | title= New flag | date = 12 September 1968 |page= 18 col C | accessdate = 18 April 2016 | url = https://news.google.com/newspapers?id=4eg9AAAAIBAJ&sjid=oUgMAAAAIBAJ&pg=2838,2158422&dq=south+africa+change+flag+1971&hl=en }}</ref>
 
=== Huidige vlag sedert 1994 ===
[[Lêer:New South African flag unveiling.jpg|duimnael|links|Die voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur tot die Verenigde State, [[Harry Schwarz]], onthul die nuwe vlag van Suid-Afrika op 6 Mei 1994]]
[[Lêer:Flag of southafrica (atamari).jpg|duimnael|Die vlag van Suid-Afrika in [[Kampsbaai]], [[Kaapstad]]]]
Die huidige vlag van Suid-Afrika is op 27 April 1994,<ref name=firstraising>{{en}} {{cite web|url=https://www.youtube.com/watch?v=Sed-dqbZgkc|title=Raising of the New South African Flag|first=|last=Antonio Coppola|date=24 Mei 2018|publisher=|via=[[YouTube]]}}</ref> die dag van die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994|algemene verkiesing van 1994]], vir die eerste keer gehys. Die vlag sou oorspronklik net as ’n voorlopige vlag dien en sy ontwerp is eers ’n week vooraf goedgekeur.<ref>{{en}} {{cite web|url=https://www.c-span.org/video/?56323-1/south-african-election-special-2|title=South African Election Special, 2|website=C-SPAN.org}}</ref>
 
Die keuse van ’n nuwe vlag was deel van die onderhandelingsproses wat in werking gestel is toe Nelson Mandela in 1990 uit die tronk vrygelaat is. Nadat in 1993 ’n landswye openbare kompetisie van stapel gestuur is, het die Nasionale Simbolekommissie meer as 7&nbsp;000 ontwerpe ontvang.<ref>{{en}} {{cite journal|url=https://www.highbeam.com/doc/1P2-4196976.html|archive-url=https://web.archive.org/web/20161008201708/https://www.highbeam.com/doc/1P2-4196976.html|dead-url=yes|archive-date=8 Oktober 2016|title=Finding Symbols For New S. Africa // Citizens Submit 7,000 Flag Designs|date=27 Oktober 1993|publisher=highbeam.com}}</ref> Ses ontwerpe is op die kortlys geplaas én aan die publiek én die Onderhandelingsraad voorgelê, maar geeneen het entoesiastiese ondersteuning ontlok nie. Vervolgens is ’n aantal ontwerpateljees gekontak om verdere voorstelle in te dien, maar hul ontwerpe het ook geen guns ontvang nie. Aan die einde van 1993 het die [[Parlement van Suid-Afrika|Parlement]] met vakansie vertrek sonder om oor ’n geskikte kandidaat vir die nuwe nasionale vlag te kan besluit.
 
In Februarie 1994 het [[Cyril Ramaphosa]] en [[Roelf Meyer]], onderskeidelik die hoofonderhandelaars van die [[African National Congress]] en die regerende [[Nasionale Party]], die tak gekry om die vlagvraagstuk op te los. ’n Finale ontwerp is op 15 Maart 1994 goedgekeur, afgelei van ’n ontwerp deur die destydse Suid-Afrikaanse staatsheraldikus Frederick Brownell,<ref name="BBC" /> wat vooraf ook die vlag van Namibië ontwerp het. Hierdie voorlopige vlag is vir die eerste keer op 27 April 1994 amptelik gehys, die dag waarop die land se eerste volle inklusiewe verkiesings begin het. As ’n resultaat van die geskiedkundige verkiesings is Nelson Mandela op 10 Mei 1994 as Suid-Afrika se eerste demokraties verkose president ingehuldig.<ref>{{en}} {{cite journal|last=Bornman|first =E. |date=2006|title= National symbols and nation-building in the post-apartheid South Africa|journal=International Journal of Intercultural Relations|volume= 30|pp= 383-399|hdl=10500/23252}}</ref> Die vlag is deur die meeste Suid-Afrikaners goed ontvang, al het ’n klein minderheid beswaar daarteen aangeteken; honderde lede van die [[Afrikaner Volksfront]] het die vlag ’n paar weke voor die verkiesing van April 1994 in [[Bloemfontein]] uit protes verbrand.<ref name="firstraising" />
 
Die afkondiging van die nuwe nasionale vlag deur die [[President van Suid-Afrika|Suid-Afrikaanse president]], [[Frederik Willem de Klerk|F. W. de Klerk]], is eers op 20 April 1994 gepubliseer,<ref>{{af}} ''Staatskoerant'' nr 15663, gedateer 20 April 1994</ref> net sewe dae voordat die vlag ingewy moes word, wat van die vlag ’n laas-minuut-vlag vir vlagverwaardigers gemaak het. Soos in Suid-Afrika se tussentydse grondwet bepaal is, moet die vlag oor ’n tussentydse proefperiode van vyf jaar bekendgestel word, waarna daar bespreking sal wees oor of die nasionale vlag in die finale konsep van die grondwet verander moet word of nie. Die Grondwetlike Vergadering was verantwoordelik vir die opstel van die land se nuwe grondwet en het vir voorleggings gevra, onder ander, oor die kwessies van die verskillende nasionale simbole van Suid-Afrika. Dit het 118 voorleggings ontvang teen gunste van die nuwe vlag en 35 wat daarop aangedring het dat die nuwe vlag verander moes word. Vervolgens is op 28 September 1995 beslis dat die vlag nie verander sal word nie en is dienooreenkomstig in Bylae 1 van die Grondwet van Suid-Afrika ingeskryf; dié grondwet het in Februarie 1997 in werking getree.<ref>{{en}} {{citation|first=Bruce B.|last= Berry |title= “Zero to Hero” - the role of the national flag in nation building in post-apartheid South Africa|publisher= 26th International Congress of Vexillology|location= [[Sydney]]|date= September 2015}}</ref>
 
== Ander vlae ==
<center><gallery align="center" widths="150" caption="Vroeë vlae">
Lêer:Prinsenvlag.svg| {{FIAV|historical}} [[Jan van Riebeeck]] se vlag: die Nederlandse Prinsenvlag, 1652
Lêer:Flag of the Dutch East India Company.svg| {{FIAV|historical}} Vlag van die [[Nederlandse Kaapkolonie]]; Vlag van die [[Verenigde Oos-Indiese Kompanjie]], 1602 tot 1798
Lêer:Voortrekker flag.svg| {{FIAV|historical}} Die [[Voortrekkers|Voortrekkervlag]]
</gallery></center><center><gallery caption="Vlae van Boererepublieke">
 
<center><gallery caption="Vlae van Boererepublieke">
Lêer:Flag of Natalia Republic.svg| {{FIAV|historical}} Vlag van die [[Natalia Republiek]], 1839 tot 1843
Lêer:Flag of the Orange Free State.svg| {{FIAV|historical}} Vlag van die [[Oranje-Vrystaat]], 1854 tot 1902
Lêer:Flag of Stellaland (1883-5).svg| {{FIAV|historical}} Vlag van [[Stellaland]], 1883 tot 1885
Lêer:Flag of Transvaal.svg| {{FIAV|historical}} Vlag van die [[Zuid-Afrikaansche Republiek]] ([[Transvaal]]), 1857 tot 1877 en 1881 tot 1902
</gallery></center>
</gallery></center><center><gallery align="center" widths="150" caption="Vlae van Britse kolonies">
 
</gallery></center><center><gallery align="center" widths="150" caption="Vlae van Britse kolonies">
Lêer:Flag of the Cape Colony 1876-1910.svg| {{FIAV|historical}} Vlag van die [[Kaapkolonie]], 1875 tot 1910
Lêer:Flag of the Natal Colony 1875-1910.svg| {{FIAV|historical}} Vlag van die [[Natal (kolonie)|Natalkolonie]], 1905 tot 1910
Lêer:Flag of Orange River Colony.svg| {{FIAV|historical}} Vlag van die [[Oranjerivierkolonie]], 1902 tot 1910
Lêer:Flag of the Transvaal Colony 1904–1910.svg| {{FIAV|historical}} Vlag van die [[Transvaalkolonie]], 1902 tot 1910
</gallery></center>
</gallery></center><center><gallery align="center" widths="150" caption="Voormalige vlae van Suid-Afrika">
 
</gallery></center><center><gallery align="center" widths="150" caption="Voormalige vlae van Suid-Afrika">
Lêer:Flag of South Africa 1910-1912.svg| {{FIAV|historical}} Rooi vaandel van die [[Unie van Suid-Afrika]], 1910 tot 1912
Lêer:Blue Ensign of South Africa (1910–1912).svg| {{FIAV|historical}} Blou vaandel van die Unie van Suid-Afrika, 1910 tot 1912
 
== Protokol ==
[[Lêer:South Africa Cape Town Castle Flags.jpg|duimnael|Historiese vlae wapper oor die [[Kasteel die Goeie Hoop]] (v.l.n.r.; intussen verwyder): die huidige vlag van Suid-Afrika sedert 1994, die vorige vlag van Suid-Afrika (1928–1994), die vlag van die Verenigde Koninkryk (1806–1928), die [[vlag van Nederland]] (1803–1806), die vlag van Groot-Britannje (1795–1803) en die Nederlandse Prinsevlag (1652–1795)]]
[[Lêer:South africa flag horizontal and vertical.svg|duimnael|Die vlag van Suid-Afrika (horisontaal en vertikaal)]]
[[Lêer:SouthAfricaFlagTwoNations.jpg|duimnael|Vlag van Suid-Afrika gekruis met ’n ander nasionale vlag]]
[[Lêer:SouthAfricaFlagIndoors.jpg|duimnael|Plek van die Suid-Afrikaanse vlag onder dak]]
Die protokol vir die gebruik van die Suid-Afrikaanse vlag is vasgestel en uitgegee kort voor dit in 1994 aanvaar is. Dit bepaal die gebruik van die vlag in Suid-Afrika. Die reëls vir die gebruik van die vlag buite die grense van Suid-Afrika word bepaal deur die plek waar die vlag gebruik word.
 
=== Behoorlike vertoning van die vlag ===
Die Suid-Afrikaanse regering het riglyne vir die behoorlike vertoning van die vlag by aangewese vlagstasies gepubliseer, in Regeringskennisgewing 510 van 8 Junie 2001 (''Staatskoerant'' nr 22356). Hierdie reëls geld net vir amptelike vlagstasies en nie vir die algemene publiek nie.
 
Die Suider-Afrikaanse Vlagkundige Vereniging (SAVA), ’n nieamptelike vereniging vir die bestudering van vlae, het hul eie gids vir die behoorlike vertoning van die vlag in 2002 gepubliseer. Hierdie gids het geen amptelike gesag nie, maar is opgestel met algemeen aanvaarde Vlagkundige etikette en beginsels in gedagte.<ref>{{en}} {{cite web|url=https://www.iol.co.za/news/south-africa/no-need-to-get-in-a-flap-over-flag-etiquette-94265 |title=No need to get in a flap over flag etiquette |work=IOL News |date=12 September 2002 |accessdate=1 April 2019}}</ref>
 
=== Eerbied vir die vlag ===
 
== Sien ook ==
* [[Gay Pride-vlag van Suid-Afrika]]
* [[Nasionale lied van Suid-Afrika]]
* [[Lys van Nasionale Simbole van Suid-Afrika]]
* {{en}} {{cite book|ref=harv|last=Saker|first=Harry |title=The South African flag controversy, 1925–1928|url=http://books.google.com/books?id=mYgaAAAAYAAJ|year=1980|publisher=Oxford University Press|location=Kaapstad}}
* {{af}} {{cite book|ref=harv|last=Pama|first=C|title=Die vlae van Suider-Afrika|url=http://books.google.com/books?id=0AkVNAAACAAJ|year=1984|publisher=Tafelberg|isbn=978-0-624-02070-7}}
* {{en}} {{cite journal|last=Brownell|first=F.G.|author-linkauthorlink=FredFrederick Brownell|title= The Union Jack over Southern and Central Africa: 1795–1994|journal=SAVA Journal|date=Maart 1994|pages=|isbn=0-620-18833-2}}
* {{en}} {{cite journal|last=Van Zyl|first=J.A.|title= The History of Flags of South Africa before 1900|journal=SAVA Journal|date=April 1995|isbn=0-620-19798-6}}
 
 
{{Afrikavlae}}
{{en-vertaal|Flag of South Africa}}
{{nl-vertaal|Vlag van Zuid-Afrika}}
{{Voorbladster}}