Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Boshof"

1 029 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Vergroting van die kerkgebou
(Vergroting van die kerkgebou)
 
In April 1864 het die gemeente sy eerste leraar verwelkom in die persoon van ds. H.W. Brandt, "proponent bij het kerkbestuur der Hollandsche Protestantsche Gereformeerde kerk van de Vereenigde Staten". In November 1871 is hy opgevolg deur ds. J.H. van Wyk, wat die gemeente tot Oktober 1884 bedien het. In sy ampstermyn het die gemeente, geestelik sowel as andersins, mooi groeikrag geopenbaar en is ook (in 1874) "de nieuwe kerk" gebou en ingewy. Hierdie kerkgebou is in 1913 tot sy huidige vorm vergroot, maar in 1954 hernu. Die oorspronklike argitek was [[Richard Wocke]] (1831–1890), wie se ander Vrystaatse NG kerke dié op [[NG gemeente Edenburg|Edenburg]] (1874), [[NG gemeente Philippolis|Philippolis]] (1871), [[NG gemeente Rouxville|Rouxville]] (1881; verander in 1924) en [[NG gemeente Brandfort|Brandfort]] (1885) insluit, asook die [[NG gemeente Bloemfontein|Tweetoringkerk]] in [[Bloemfontein]].<ref>{{en}} [http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/archframes.php?archid=1923 Besonderhede oor Richard Wocke op Artefacts.co.za]. URL besoek op 24 November 2014.</ref>
 
=== Vergroting van die Kerkgebou ===
Skaars twintig jaar later word gedink aan vergroting van die kerkgebou wat geopper word op 'n gemeente vergadering op 8 April 1890. Dit het ergter daar gebly totdat diaken G.D.J. Wessels op 17 Augustus 1907 kennis gee dat hy so 'n voorstel gaan indien. Daar word egter besluit dat tye te swaar is en die armoede na die Anglo-Boereoorlog te groot is. Die kerkraad besluit derhalwe dat die CJV-saal gebruik kon word tydens nagmaaltye as die opkomste te groot is.
 
Volgens notule word daar op 20 Mei 1911 opdrag gegee aan ds. van der Merwe om die argitek Louw van die Paarl te
 
ontbied in verband met die opstel van planne vir die vergroting van die kerk. Finansies was egter weer 'n probleem, maar aaangespoor deur goeie gees onder die gemeentelede, word op 18 November 1911 besluit om met die argitek te onderhandel oor die vergroting van die kerk sou daar 'n ekstra 100 sitplekke bykom. Die bouwerk het voorspoedig gevorder en die vergrote kerk word reeds op 1 Februarie 1913 ingewy.
<br />
== Latere leraars ==
Ná ds. Van Wyk het ook nog die volgende leraars in die gemeente gestaan tydens die eerste 129 jaar van sy bestaan: P.S. van Heerden (1885 – '99), D. Bosman (1899–1904), P. van der Merwe (1905 – '12), A.J. Malherbe (1913 – '35), E.J. du Toit (1935 – '39), P. Grobbelaar (1940 – '45) en H.J. Otto (1946 — [[28]] [[April]] [[1985]]). In ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]'' van 1952 is berig: "Waar hierdie gemeente (D.V.) oor enkele jare sy eeufees kan vier, kan hy met groot dankbaarheid jeens God terug kyk op 'n eeu van genade. Die gemeente het weliswaar in sy geskiedenis ook veelbewoë tye belewe, maar was o.a. geseën met toegewyde en diensvaardige leraars wat, met medewerking van die kerkrade en lidmate, die gemeente opgebou het tot 'n liggaam wat, ons vertrou, God welbehaaglik is."
3

wysigings