Verskil tussen weergawes van "Naaldboom"

23 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Verbeter
(Verbeter)
(Verbeter)
* Coniferae
}}
'''Naaldbome''' (afdeling ''Pinophyta'' voorheen ''Coniferophyta'') is naaksadige bome of struike met lang, dun blare wat meestal immergroen is. Soos alle ander naaksadiges het hulle nie blomme nie, maar die voortplantingsorgane lê in eenslagtige keëls. Die [[stuifmeel]] word deur die wind versprei en opgevang deur ʼn vloeistofdruppel wat spesiaal vir die doel deur die saadknop afgeskei word.
 
Tussen bestuiwing en werklike bevrugting kan tot 13 maande (in die geval van die [[genus]] ''Pinus'') verloop. Die sade, wat dikwels gevleuel is, lê tussen die skubbe van die vroulike keëls en word deur die wind versprei wanneer hulle ryp is. Naaldbome of keëldraers (afdeling ''Coniferophyta'') is byna wêreldwyd versprei, maar verkies gematigde en selfs koue wêrelddele. Die meeste [[spesie]]s het lang, naaldvormige blare en is immergroen. Slegs spesies van die genus ''Larix'' en die moerassipres (''Taxodium'' ''distichum'') is bladwisselend.
 
By die ander naaldbome bly elke blaar ʼn paar jaar aan die boom voordat dit afgewerp word. Blare word dus reg deur die jaar afgewerp, maar nooit almal tegelyk nie. Oormatige verdamping word voorkom deur die blare se relatief klein oppervlakte en die ingesinkte [[huidmondjies]]. Die meeste naaldbome het hars wat vrykom as die bome beskadig word en dit bedek die wond sodat geen vogverlies of infeksie deur swam me of bakterieë kan intree nie. Die ''Coniferophyta'' word in sewe families onderverdeel, naamlik die dennebome ([[Familie (biologie)|familie]] ''[[Pinaceae]]'').
 
Die ''araucaria''-agtiges (familie ''Araucariaceae''), die moerassipresse (familie ''Taxodiaceae''), - die geelhoutfamilie (familie ''Podocarpaceae''), die sipresfamilie (familie ''Cupressaceae''), die [[knoptaxusagtiges]] (familie ''Cephalotaxaceae'') en die taxusagtiges (familie ''Taxaceae''). Die wetenskaplike naam ''Coniferophyta'' dui op die houtagtige keëls waarin die sade van die meeste soorte voorkom. Die benaming keëldraers is egter nie heeltemal korrek nie, want spesies van die families ''Taxaceae'' en ''Podocarpaceae'' het geen keëls nie.