Verskil tussen weergawes van "Arnold Bax"

5 grepe verwyder ,  1 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Sir Arnold Edward Trevor Bax''' KCVO (8 November 1883 – 3 Oktober 1953) was 'n Engelse komponis, digter, en outeur. Sy aansienlike klomp werke sluit liedere, kamermusiekstukke en ook solo klavierstukke in, maar hy word die beste onthou vir sy orkestrale musiek. Bykomend tot 'n reeks simfoniese gedigte het hy ook sewe simfonieë geskryf, en was hy vir 'n rukkie beskou as die leidende Britse skrywer van simfonieë.
 
Bax was gebore in die Londense buurt van [[Streatham]] in 'n vooruitstrewende familie. Hy was deur sy ouers aangemoedig om 'n loopbaan in musiek na te streef, en sy private inkomste het hom in staat gestel om sy eie weg te volg sonder oorweging aan heersende modes of ortodoksie. Gevolglik was hy beskou in musikale sirkels as 'n belangrike maar geïsoleerde figuur. Terwyl hy steeds 'n student by die ''[[Koninklike Akademie vir Musiek''Musiekakademie]] was, het Bax gefassineer geword met [[Ierland]] ,en [[Kelties]]e kultuur, welke 'n sterk invloed op sy vroeëre ontwikkeling sou word.
 
In die jare voor die [[Eerste Wêreldoorlog]] het hy in Ierland gewoon en 'n lid van [[Dublin]] se literêre kringe geword, en het hy fiksie en poësie geskyf onder die pseudoniem Dermot O'Byrne. Later het hy 'n affiniteit met die Nordiese kultuur ontwikkel, welke vir 'n tyd die Keltiese invloed op sy werk in die jare na die Eerste Wêreldoorlog vervang het.
10 352

wysigings