Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

(Rol weergawe 1948848 deur 102.250.4.202 (bespreek) terug.)
Etiket: Ongedaanmaking
 
== Die uitbreiding van die Industriële Revolusie ==
Die Industriële Revolusie het na ander lande soos Amerika, Frankryk en [[Duitsland]], mettertyd na [[Japan]] en [[Rusland]] en naderhand dwarsoor die wêreld versprei. Engeland het ongetwyfeld die voortou geneem, en as gewese kolonies of protektorate in die Britse invloedsfeer sou die lande van [[Suider-Afrika]] (veral [[Suid-Afrika]]) deeglik daardeur beïnvloed word. Suid-Afrika kon byvoorbeeld myne ontwikkel met die masjiene wat deur die Industriële Revolusie moontlik gemaak is. Die Industriële Revolusie het ook die lewenstandaard van die gewone mens verhoog. Die industralisasie se uitwerking op die moderne beskawing was verreikend. Nie alleen is die produksiemetodes in die nywerhede en die landbou radikaal verbeter nie, maar die hele houding van die mensdom jeens die werkgewer en die werknemer en die welsyn van die werknemer is verander. In die verband was [[Demokratiese ontwikkeling as uitvloeisel van Industrialisering|demokrasie]] een van die uitvloeisels van die industrialisering.
 
== Verwysings ==
15 145

wysigings