Heilige Alliansie: Verskil tussen weergawes

1 471 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Begin nuwe artikel, nog besig)
 
No edit summary
 
Polities gesproke was die verdrag 'n redelik vaag en betekenislose dokument; dit was hoofsaaklik 'n godsdienstige manifes. Die vorste het net belowe om volgens die Christelike beginsels van liefde, geregtigheid en genade op te tree en om Christelike moraliteit as 'n riglyn te gebruik, nie net in die privaat lewe nie, maar ook in die openbare lewe. Die alliansie is eintlik net ernstig geneem deur tsaar Alexander I. Die magtige Oostenrykse staatsman [[Klemens von Metternich]] noem dit 'n "groot herrie oor niks" en die Britse minister van buitelandse sake, Robert Stewart, Visegraaf Castlereagh, het dit "sublieme mistisisme en onsin" genoem. In die hande van reaksionêre staatsmanne soos Metternich word die alliansie gou omskep in 'n instrument van die Viervoudige Alliansie om enige poging tot liberale hervorming in die naam van die Christendom te onderdruk.
 
== Geskiedenis ==
Na die stigting van die Heilige Alliansie in 1815 het al die vorste van Europa by die alliansie aangesluit, behalwe die koning van [[Groot-Brittanje]], wat vir grondwetlike redes nie kon aansluit nie (maar het as koning van Hanover aangesluit) en die sultan van die [[Ottomaanse Ryk]], wat nie genooi is om aan te sluit nie weens die Christelike aard van die alliansie. Die [[pous]] het ook nie by die Heilige Alliansie aangesluit nie. Die Rooms-Katolieke Kerk was onverskillig of selfs vyandig teenoor die alliansie weens die inter-religieuse aard en die feit dat dit deur 'n nie-Katolieke vors gevorm is.
 
Met die disintegrasie van die Viervoudige Alliansie in 1823, die dood van Tsaar Alexander I in 1825 en die [[Belgiese Revolusie]] en die Julie-Revolusie in 1830, het die Heilige Alliansie inderdaad geëindig. Rusland, Oostenryk en Pruise het egter die alliansie met die Berlynse Konvensie in 1833 geaktiveer. Met die uitbreek van die [[Krimoorlog]] in 1853 het die Heilige Alliansie finaal geëindig.
 
Die Heilige Alliansie het 'n invloedryke idee gebly. In 2004 het byvoorbeeld die Amerikaanse professor [[Zbigniew Brzeziński]] (voormalige nasionale veiligheidsadviseur vir president [[Jimmy Carter]]) geskryf dat president [[George W. Bush]] 'n anti-Islamitiese alliansie gesmee het, vergelykbaar met die Heilige Alliansie van 1815.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{nl-vertaal|Heilige Alliantie}}
{{Normdata}}
 
[[Kategorie:Geskiedenis]]
24 155

wysigings