Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
 
=== Die Beveridge-plan en nasionale bestaansbeveiliging ===
As gevolg van die verwoesting aangerig tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] (1939–1945) was agtereenvolgende regerings in Brittanje verplig om meer aandag aan die industriële en maatskaplike toestand te wy. Die koalisieregering onder sir [[Winston Churchill]] het die eerste daadwerklike stappe gedoen deur die Beveridge-kommissie in 1942 te benoem om 'n nasionale plan vir bestaansbeveiliging op te stel. So 'n stelsel sou voorsiening maak vir alle gebeurlikhede in verband met arbeid of gesondheid. Hierdie plan is in beginsel deur Churchill se regering aanvaar. By die algemene verkiesing van 1945 het die [[Arbeidersparty (Verenigde Koninkryk)|Arbeidersparty]] 'n oorweldigende meerderheid behaal. Hy het oor 393 setels teenoor die 230 setels van die ander partye tesame beskik. Die Arbeidersregering onder [[Clement Attlee |Clement Richard Attlee]] het onmiddellik die Beveridge-plan as sy program aanvaar. Al die aanbevelings is in die Nasionale Versekeringswet van 1946 beliggaam, wat 'n mylpaal in die Britse maatskaplike geskiedenis was. Dit het 'n omvangryke staatsbeheerde versekeringsplan wat vir almal verpligtend is, van stapel gestuur. Die geld vir die skema kom uit 'n sentrale fonds waartoe alle persone bo sestien jaar wat onder 'n dienskontrak of as vakleerling werk, die werkgewers en die Staat bydra. Benewens 'n skema vir geldelike hulpverlening aan werklose arbeiders, word voorsiening ook gemaak vir 'n omvattende mediese diens onder die Staat wat hom toespits op die opbouing van die volk se gesondheid. Voorsiening word gemaak vir vry mediese en tandheelkundige behandeling, gratis medisyne, betaling gedurende tydperke van siekte, ouderdomspensioene vir alle mans bo 65 jaar en vroue bo 60, en begrafnisonkoste. Inderdaad word 'n stelsel van bestaansbeveiliging vir die hele volk voorsien.
Die Arbeidersregering het ook 'n omvangryke behuisingskema van stapel gestuur, wat noodsaaklik was weens die uitgebreide bomskade wat tydens die oorlog aangerig is.
 
9 614

wysigings