Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
=== Die opvolgers ===
[[Lêer:Studio Berlin Studios A-F.jpg|duimnael|Die ateljees A tot F word tans deur ''Studio Berlin'' gebruik]]
Die DFF-ontbinding het tot sy afskakeling steeds omstrede gebly. Nie net medewerkers nie, maar ook talle toeskouerskykers was ten gunste van die behoud van die DFF en sy programme. Naas vermaak- en verbruikersprogramme het ook politieke programme ná die einde van die SED-oorheersing gewild geraak. Die voorstel dat televisie en radio in die Oos-Duitse deelstate deur 'n nuwe korporasie binne die ARD-stelsel uitgesaai sou word en die ''DFF Länderkette'' openbare streeksgebonde kanale sou beeldsend (histories die sogenaamde "derde programme naas ARD, die eerste Duitse kanaal, en ZDF, die tweede kanaal), is nie gevolg nie. Ná dekades van gesentraliseerde televisie en radio in Oos-Duitsland het 'n federale, gedesentraliseerde stelsel voorkeur gekry.
 
Die deelstate Sakse, Sakse-Anhalt en Thüringen het al vroeg ooreengekom op die stigting van 'n gemeenskaplike uitsaaikorporasie met sy hoofkwartier in Leipzig, die ''Mitteldeutscher Rundfunk (MDR)'' wat op 31 Mei 1991 in die lewe geroep is.
99 546

wysigings