Verskil tussen weergawes van "Noord-Sotho's"

4 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
Normdata bygevoeg, en tikfoute reggemaak
(Inligting bygewerk)
k (Normdata bygevoeg, en tikfoute reggemaak)
Etiket: 2017-bronwysiging
 
Die Pedi is naas herders ook besonder toegewyde akkerbouers, met ʼn goeie kennis van die grond. Die bewerking van die landerye geskied tradisioneel volgens 'n vaste patroon. Die plantseisoen word ingelui met 'n reënseremonie.
 
Alle jong meisies wat nog nie geïnisieer is nie, moet water uit die verskillende drinkplekke skep en by die hoof man se hut in 'n groot pot gooi, waar dit met "medisyne" gemeng word. Die mengsel word dan op die landerye en in die kraal gesprinkel. As die reën steeds wegbly, moet 'n dierterdier ter ere van die gestorwe hoofmanne geslag word, en as dit nie help nie, word die mans op 'n jagekspedisie gestuur om 'n klipspringer en ʼn tarentaal te skiet, waarvan die vleis by die mengsel gevoeg word.
 
Daar mag nie gesaai word voordat die saad nie teen bose geeste behandel is nie, en die bewerking van die hoof man se landerye geniet altyd voorkeur. Die oestyd word weer voorafgegaan deur 'n fees waartydens alle gesinshoofde by die hut van die hoofman vergader om van die eerste vrugte te eet. Die vrugte is deur die toordokter behandel, en voordat die etery kan begin, moet die hoofman 'n mondvol daarvan in die 4 windrigtings spoeg en so sy dank betuig aan die elemente wat dit moontlik gemaak het dat die vrugte kon groei.
 
=== Modiadji se rol ===
Hoewel Modjadji die opperhoof van die Lobedu is, is sy dit net in naam, aangesien sy geen militêre magte het nie en slegs uitsprake van haar raadgewers bevestig. Haar mag berus op die feit dat sy reën kan maak en dus vir haar onderdane lewensbelangrik is. Haar mag word ook bepaal deur die feit dat sy aan die regerende groep verbind is. Hierdie verbintenis kom tot stand deurdat die hoofmanne een van hul lehulle dogters vir haar gee "om mee te trou".
 
Sy mag self nie trou nie, maar wel kinders hê en word gewoonlik deur een van haar dogters opgevolg. Die geheim van haar reënmakery het goed bewaar gebly. Net sy het toegang tot die "reënmedisyne", wat, volgens vertellinge, naas seewater, vet, wortels en vere, ook stukkies vel van vorige hoofmanne en haar voorgangers bevat. Wanneer reën gemaak moet word, word sy altyd vergesel deur ʼn assistent, wat die skuld moet dra as die reën steeds wegbly.
 
== Bronnelys ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409621, volume 21, bl. 61
 
<br />
 
{{Navigasie etniese groepe in Suid-Afrika}}
{{Normdata}}
 
{{DEFAULTSORT:Noord-Sotho}}
30 799

wysigings