Verskil tussen weergawes van "Kain en Abel"

50 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
k (Wysigings deur Wernigruenenfelder teruggerol na laaste weergawe deur KabouterBot)
Etiket: Terugrol
Die oudste bekende weergawe van die Bybelverhaal is uit die [[Dooie See-rolle]] en dateer van die 1ste eeu v.C. Kain en Abel verskyn ook in ’n paar ander tekste en die storie kan op verskillende maniere vertolk word. Abel, die eerste [[moord]]slagoffer, word soms beskou as die eerste [[martelaar]] en Kain, die eerste [[moordenaar]], as ’n voorouer van die [[bose]]. Sommige geleerdes meen die Skrifgedeelte is dalk gebaseer op ’n [[Sumer]]iese storie oor die konflik tussen nomadiese herders en gevestigde boere. Die meeste moderne geleerdes glo die stories van [[Adam en Eva]] en van Kain en Abel gaan oor die ontwikkeling van die beskawing aan die begintydperk van landbou, toe dit die leefwyse van die jagter-versamelaars vervang het, en nie oor die ontstaan van die mens nie.{{sfn|Kugel|1998|p=54-57}}
 
Kain en Abel is waarskynlik simbolies eerder as werklik.{{sfn|Blenkinsopp|2011|p=2}} Soos die meeste mense, plekke en stories in die oeroue geskiedenis (die eerste 11 hoofstukke van Genesis), word hulle nêrens anders in die [[Bybel]] genoem nie. Dit dui daarop dat dié geskiedenis ’n laat toevoeging tot Genesis kan wees wat as ’n inleiding gedien het.{{sfn|Sailhamer|2010|p=301}} Daar is ’n dispuut oor presies hoe laat: Sommige glo die geskiedenis kan so laat as die [[Hellenistiese Griekeland|Hellenistiese tydperk]] (eerste dekades van die 4de eeu v.C.) wees,{{sfn|Gmirkin|2006|p=240-241}} maar die groot mate van Babiloniese mites agter die stories laat ander glo dit kan uit die [[Babiloniese ballingskap]] (6de eeu v.C.) kom.{{sfn|Gmirkin|2006|p=6}}{{sfn|Kugler|Hartin|2009|p=53-54}}
 
== Sien ook ==
* [[Lys van persone in die Bybel]]
 
== Verwysings ==
2 215

wysigings