Verskil tussen weergawes van "Rekenaardrukker"

2 grepe verwyder ,  1 jaar gelede
k
skakels
k (skakels)
[[Lêer:Lexmark X5100 Series.jpg|duimnael|regs|300px|'n Lexmark multifunksionele drukker.]]
 
'n '''Rekenaardrukker''' of meer algemeen na verwys as 'n '''drukker''' is 'n toestel wat 'n harde kopie skep (permanente menslik leesbare [[teks]] en/of grafika vanaf dokumente in elektroniese vorm gewoonlik op fisiese media soos [[papier]] of transparante). Baie drukkers word hoofsaaklik gebruik as randtoestelle vir [[rekenaar]]s en word gewoonlik direk aan die rekenaar verbind en dien as bron vir gedrukte dokumente vir die gebruiker daarvan. Ander drukkers bekend as netwerkdrukkers het 'n ingeboude [[rekenaarnetwerk|netwerk-koppelvlak]] (tipies 'n [[Ethernet]] netwerk) en kan dien as 'n bron van gedrukte dokumente vir al die gebruikers wat aan die netwerk verbind is. Verder kan baie moderne drukkers direk verbind word met elektroniese media soos geheuestokkies of geheuekaarte of aan beeldopname toerusting soos [[digitale kamera]]s en [[skandeerder]]s, terwyl ander drukkers gekombineer word met 'n skandeerders en/of 'n faksmasjien om 'n enkele eenheid te vorm. 'n Drukker wat met 'n skandeerder gekoppel is kan dan ook as 'n [[fotokopieërder]] dien.
 
Drukkers wat ontwerp word vir lae volume, korte duur drukwerk; vereis bykans geen opsteltyd vir die maak van 'n gedrukte kopie van 'n gegewe dokument nie. Drukkers is egter oor die algemeen stadige toestelle (10 bladsye per minuut word as vinnig beskou; en baie drukkers vir die gewone gebruiker is selfs baie stadiger as dit) en die koste per bladsy is relatief hoog. In teenstelling daarmee word 'n tipiese [[drukpers]] (wat dieselfde funksie dien) ontwerp en geoptimiseer om hoë volume drukwerk soos [[koerant]]e te doen en is in staat om honderde bladsye per minuut te druk en die drukkoste per eksemplaar is gewoonlik maar 'n fraksie van 'n gewone rekenaardrukker. Die drukpers bly dus daarom die mees geskikte masjien vir hoë volume, professionele drukwerk. Rekenaardrukkers se kwaliteit het egter die afgelope paar jaar met rasse skrede verbeter en word baie drukwerk deesdae op lokale drukkers gedoen wat voorheen slegs deur professionele drukkerye gedoen is.
 
Die wêreld se eerste rekenaardrukker was 'n negentiende eeuse meganies aangedrewe toestel wat deur [[Charles Babbage]] ontwerp is vir sy Difference Engine.
[[Lêer:Epson-inkjet-printer.jpg|duimnael|205px|'n [[Epson]] inkstraaldrukker]]
 
== Drukkertegnologie ==
 
== Kolmatriksdrukkers ==
[[Lêer:Tandy1000HX tweaked.jpg|duimnael|regs|275px|'n [[Tandy 1000]] HX rekenaar saam met 'n Tandy DMP-133 kolmatriksdrukker.]]
Baie drukkers maak oor die algemeen staat op 'n [[matriks]] van [[Pieksel|pieksels]] of kolle wat saam 'n groter beeld vorm. Die term kolmatriksdrukker word egter gereserveer vir impakdrukkers wat 'n matriks pennetjies gebruik om die kolle te vorm. Die voordeel van kolmatriksdrukkers bo ander impakdrukkers is dat hulle grafiese beelde asook teks kan lewer.
 
Kolmatriksdrukkers kan breedweg in twee hoofkategorieë verdeel word:
== Termiese drukkers ==
 
Termiese drukkers se werking berus op die verhitting van sekere gebiede op spesiale papier wat sensitief ten opsigte van hitte is. Hierdie drukkers wordis beperk tot spesiale doeleindes soos kasregisters en faksmasjiene.
 
== Pengebaseerde plotters ==
86 004

wysigings