Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

4 grepe bygevoeg ,  7 maande gelede
 
=== Vroeë lewe en herkoms ===
Everard Walter Fichardt is op 27 Augustus 1875 in Bloemfontein gebore. Hy is die vierde seun en een van ses kinders van Gustav Adolf Fichardt, bekende Vrystaatse sakeman, en sy vrou Caroline Beck.<ref name=":0" /> Sy vader het in [[1853]] uit [[Duitsland]] na Bloemfontein gekom om weldra die grootste handelsaak in die stad tot stand te bring en hy dien ook per geleentheid as burgemeester van die stad. Hoewel van Duitse afkoms, was die huistaal van die familie [[Engels]]. Die gesin vereenselwig hulle nietemin met die Afrikaner se strewe en belange en hy praat naas Engels en [[Duits]] ook vlot [[Afrikaans]]. Die skryfster [[Ella Fischer]] is sy suster en sy is getroud met die seun van [[Abraham Fischer]], eerste premier van die parlement van die Oranjerivierkolonie ná afloop van die [[Anglo-Boereoorlog]] en lid van die eerste Uniekabinet.
 
Everard word van kleins af onderrig deur die goewernante, mej. M.A. Smith. Sy eerste formele onderwys ontvang hy aan [[Grey-kollege|Grey-Kollege]] in Bloemfontein en hy studeer later verder in [[Skotland]] en [[Engeland]].
107 980

wysigings