Verskil tussen weergawes van "Opkuns"

4 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Skakel
(Skakels)
(Skakel)
[[Lêer:Henrique Matos 2006 Viagem ao infinito 01.jpg|duimnael|362x362px|Henrique Matos 2006]]
'''Opkuns''' (ook optiese kuns of op art) is 'n nie-figuratiewe stroming in die moderne beeldende kuns wat ʼn illusie van beweging (verandering van kleur of vorm) deur middel van optiese effekte bewerkstellig. Opkuns-kunstenaars benut wetenskaplike kennis oor die werking van die oog in hulle [[kuns]].
 
Die [[Neo-impressionisme|Neo-impressioniste]] (soos [[Georges Seurat]] en [[Paul Signac]]) en veral die kunstenaars van die [[Bauhaus]] het reeds gedurende die 19e eeu met die illusionistiese uitwerking van kleur en lyn op die oog geëksperimenteer. Gedurende die vyftigerjare van die 20e eeu het daar egter 'n kunsstroming ontstaan wat meer eksplisiet daarvan gebruik gemaak het. ''Opkuns'' is afgelei van optiese kuns (''op art'' van ''optical art'') en is vir die eerste keer op 23 Oktober 1964 in 'n artikel in die tydskrif ''[[Time (tydskrif)|Time]]'' vir die beweging gebruik.
Anonieme gebruiker