Verskil tussen weergawes van "J.C. Kannemeyer"

4 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
(Verbeter)
 
=== Samesteller en redigeerder ===
Hy is betrokke by die versorging en samestelling van ’n groot aantal geskrifte. ''Die galeie van Jorik'' is ’n faksimilee en transkripsie van die oorspronklike dokumente, met ’n weergawe van die finale teks van ''Joernaal van Jorik'' van D.J. Opperman. Uit hierdie boek kan die ontwikkeling van die teks grondig nagegaan word. Van Opperman versorg hy ook die faksimilee uitgawe van die manuskrip van sy onvoltooide laaste digbundel, ''Sonklong oor Afrika'' en hy bring sy ''Verspreide opstelle'' in een bundel bymekaar. Hy versorg die ''Versamelde gedigte'' van C. Louis Leipoldt en in ''Literêre cuaserie'' bundel hy Leipoldt se kritiese opstelle oor die literatuur. Van Uys Krige versorg hy die ''Versamelde gedigte, Vier eenbedrywe'' (’n keur uit Krige se reeds gepubliseerde eenbedrywe), ''Die veelsydige Krige'' (’n saambundeling van lesings deur verskillende literators wat oorspronklik van 1 tot 5 Februarie [[1988]] by die Somerskool van die Universiteit van Kaapstad aangebied is) en ''Naamlose muse'' (Krige se kritiese werk en letterkundige essays). Etienne Leroux se verspreide korter tekste vat hy in twee bundels saam.<ref>Venter, Leona. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 29 no. 2, Junie 1989</ref> ''Tussenspel'' bevat Leroux se kreatiewe skryfwerk en ''Tussengebied'' bevat sy lesings en artikels oor die literatuur en die taak van die skrywer. Eers Jan Greshoff en later F.J.[[Fred le Roux]] voer in die veertigerjare onder die skuilnaam Kees Konyn ’n skrikbewind onder die pretensieuse in die letterkunde en Kannemeyer bundel ’n keur van hulle artikels saam in ''Die koleperas van Kees Konyn''. Saam met ander versorg hy ''Die volledige versamelde gedigte'' van [[Eugène Marais|Eugène N. Marais]]. ''Kraaines'' is ’n bloemlesing uit die werk van Afrikaanse digters na [[1955]]. By geleentheid van [[Koos Human]] se vyftigste verjaardag versorg hy saam met [[Karel Schoeman]] die huldigingsbundel ''<nowiki/>'n Natsteen vir Koos Human'', terwyl ''Skanse teen die tyd'' ’n huldigingsbundel is vir W.E.G. Louw se 65ste verjaardag, wat hy saam met E.C. Britz en R.H. Pheiffer redigeer. ''Kritiese aanloop'' is ’n saambundeling van letterkundige opstelle en resensies van J.F.W. Grosskopf, C. Louis Leipoldt en Eugène N. Marais, wat beskou kan word as die aanvang van die wetenskaplike kritiek in Afrikaans.
 
Hy versamel die ''Briewe van Peter Blum'' wat Blum aan vriende en die pers geskryf het.<ref>Aucamp, Hennie. Rapport, 29 Maart 2009</ref><ref>Rousseau, Leon. Beeld, 8 Junie 2009</ref> Na W.E.G. Louw se dood skenk sy weduwee in 1988 sy dokumenteversameling aan die Universiteit van Stellenbosch en hieruit stel Kannemeyer later die bundel ''Ek ken jou goed genoeg'' saam, waarin die briefwisseling tussen N.P. van Wyk Louw en W.E.G. Louw tussen 1936 en 1939 gepubliseer word, vergesel van ’n inleiding deur Kannemeyer. Hierdie publikasie lei daartoe dat familie van die broers ’n onsuksesvolle aansoek by die hooggeregshof in Kaapstad indien om verspreiding van die boek te stop. Die rede vir die polemiek is die simpatie wat daar veral uit N.P. van Wyk Louw se briewe blyk vir die nasionaal-sosialistiese beleidsrigtinge van die Duitse regering onder [[Adolf Hitler|Hitler]], asook die argwaan wat beide broers toon teenoor die rol van [[Jode]] in Suid-Afrika. Gelees teenoor die algemene agtergrond van sy tyd, die feit dat die briewe geskryf is voor Hitler se ergste vergrype en die ouderdom van die broers (albei is steeds in hulle twintigs), is hulle sentimente egter nie werklik radikaal nie en het beide se latere geskrifte afdoende bewys gelewer van hulle sobere oordeel oor sake van die dag. Veral Van Wyk Louw word inderdaad beskou as filosoof in sy uitsprake oor rasseverhoudinge in Suid-Afrika, veral tussen wit en bruin. Die briewe is verder van groot waarde vir ’n beoordeling van die broers se letterkunde en kunsbeskouing.<ref>Britz, Etienne. Kakkerlak. Uitgawe 4, 2005</ref><ref>Coetzee, Ampie. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 43 no. 1, Herfs 2006</ref> Hierdie eerste bundel word opgevolg deur ''Briewe van W.E.G.en N.P. van Wyk Louw 1941 - 1970'', wat hy eweneens redigeer en van ’n inleiding voorsien.<ref>Anker, Johan. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 49 no. 2 Lente 2012</ref>