Verskil tussen weergawes van "Simfonie-orkes"

27 grepe verwyder ,  2 jaar gelede
Verbeter
(Inligting bygewerk)
(Verbeter)
Etiket: 2017-bronwysiging
'n Orkes bestaan uit 'n groep instrumentaliste wat gesamentlik musiek maak. By klassieke orkeste word volgens grootte onderskei tussen die simfonie-, die kamer- en die strykorkes en by die ligtemusiekorkeste tussen die gewilde-, die fanfare- en die [[jazz]]<nowiki/>orkes en spesiale orkeste met slegs een soort instrument, byvoorbeeld trekklaviere of balalaikas.
 
Die instrumentale ensemble het sedert die 17e eeu tot 3 verskillende orkeste ontwikkel, naamlik die strykorkes (eerste en tweede viole, [[Altviool|altviolaltviole]]<nowiki/>e, [[tjello]]'s en kontrabasse), die [[kamerorkes]] (klein strykorkes, hout en koperblaasinstrumente, [[harp]] en slagwerk) en die [[simfonie]]-orkes (volle strykorkes, hout- en koperblaasinstrumente, harp en slagwerk). [[Claudio Monteverdi|Monteverdi]] se opera ''Orfeo'' (1607) was een van die eerste werke waarvoor 'n groot instrument-ensemble voorgeskryf en elke instrument se partituur uitgeskryf was.
 
Meervoudige besettings was egter die uitsondering. Gedurende die 17e eeu het strykorkeste in ensemblemusiek die botoon gevoer. Die eerste meervoudige orkes was die hoforkes van [[Lodewyk XIV van Frankryk|Lodewyk XIV]]: die sogenaamde Les vingt-quatr violons du roy. Die orkes het in Europa groot roem verwerf en het veral 'n groot invloed op die Duitse musieklewe gehad.
'n Volle simfonie-orkes van die 20ste eeu het gewoonlik 'n spesifieke samestelling. Dit hang af van die smaak van die dirigent en die eise wat 'n bepaalde werk stel. Ook die fondse waaroor die orkes se bestuur beskik het 'n groot invloed.
 
Die moderne '''Simfonie-orkes''' kan uit honderd of selfs meer spelers bestaan. In die tyd van [[Bach]]<nowiki/> en [[Georg Friedrich Händel|Händel]] (die eerste helfte van die [[18de eeu|18e eeu]]) was die orkes nog betreklik klein. Ook was die orkeste van die [[Klassieke musiek|klassiekklassieke]]<nowiki/>e tyd van [[Franz Joseph Haydn|Haydn]], [[Mozart]] en [[Beethoven]] (teen die einde van die 18e eeu) nie veel groter as 'n hedendaagse [[kamermusiekorkes]] nie.
[[Lêer:Diagram Modern symphony orchestra-af.svg|duimnael|267x267px|Skematiese oorsig van 'n moderne simfonie-orkes]]
In die tweede helfte van die [[19de eeu|19e eeu]] is die '''Simfonie-orkes''' tot sy huidige grootte uitgebrei deur die toevoeging van nuwe instrumente en die vermeerdering van die getal tradisionele instrumente.
* [[Herbert von Karajan]]
* [[Lys van komponiste]]
* [[Simfonie]]
 
== Bron ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409621, volume 21, bl. 222
 
* KENNIS, vol 9, 1980, bl. 1734-1736, ISBN 0 7981 0828 2
 
28 859

wysigings