Verskil tussen weergawes van "Bespreking:Lys van orrelregisters"

 
:: Dankie vir jou antwoord, [[Gebruiker:Jonathanchuter|Jonathanchuter]]. Ek is bly as jy hierdie binnekort en met groot sorg sal kan redigeer. Ek besef die woord "register" kom dalk nie op die orrels self voor nie. Maar as jy 'n orrelspeler is, sal jy dan sekerlik meeste van die Afrikaanse name vir die orrelregisters ken. Terloops, in watter streek is jy opgelei waar mense in Afrikaans van 'n stop gepraat het? Ek het dit nog nooit so gehoor in Afrikaans nie, en daar is niks in Pharos se tweetalige woordeboek nie. Onthou maar asb. dat die outomatiese masjienvertaling pateties is (sien bv. al die ernstige, flagrante foute wat ek bo noem). Moet asb. onder geen omstandighede op die outomatiese masjienvertaling steun vir orrelterminologie (of enige ander terminologie) nie. --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 05:55, 28 Mei 2019 (UTC)
 
:: Nog 'n ding: ek sien die inhoudvertaler het die aanduiding van die pyplengtes deurmekaar gekry. Kyk asb. dat die voetaanduiding op die regte plek is, anders lyk die daaropvolgende woord soms soos 'n aanhaling :-) --[[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 06:17, 28 Mei 2019 (UTC)
12 721

wysigings