Verskil tussen weergawes van "Nasionaal-Sosialisme"

11 grepe verwyder ,  11 maande gelede
→‎Diktatuur: probeer sin maak. Héélwat foute bly oor, lyk dit my.
(→‎Diktatuur: probeer sin maak. Héélwat foute bly oor, lyk dit my.)
 
=== Diktatuur ===
Net soos hy op wetlik konstitusionele wyse aan die bewind gekom het, het Hitler ook daarin geslaag om diktatorvandiktator van Duitsland te word sonder om die grondwet van Weimar op te skort of te skend . Slegs 3 van die kabinetslede was Nazi's; die ander was lede van die Nasionalisteparty of was partyloos. Dit het dus voorgekom as of die magte wat hom aan die bewind geplaas het, hom maklik sou kon beheer. Die Nazi's het egter ʼn sleutelposisie in die kabinet beklee deurdat die portefeulje van binnelandse sake aan een van hulle toevertrou was.
 
Daardeur het hulle beheer oor die bestuursapparaat en die polisie verkry. Bowendien was dit in die praktyk Hitler wat die beleid bepaal het en nie die kabinet nie. In geval van konflik kon hy altyd op die SA en die SS steun. Teen die sin van die [[Nasionalisteparty]] het Hitler 'n nuwe verkiesing uitgeskryf en 'n indrukwekkende verkiesingsveldtog vir die Nazi's gevoer. Hitler het die Kommuniste as opposisie uitgeskakel toe hy die party die skuld gegee het vir die brand wat in die nag van 27/28 Februarie 1933 in die [[Ryksdaggebou]] uitgebreek het en hy het dadelik 'n verbod op die party geplaas.
Die [[Liberalisme|Liberaliste]] en Rooms-Katolieke het vir die wet gestem. Slegs die [[Sosiaal-Demokrate]] het daarteen gestem. Die goedkeuring van hierdie wet, waarmee Hitler diktatoriale magte bekom het, was die amptelike begin van die Duitse Derde Ryk, wat tot aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog in 1945 sou duur. (Die [[Duitse Tweede Ryk]] van 1871 tot 1919 is beskou as die opvolger van die Heilige Romeinse of Duitse Ryk van die Middeleeue.)
 
Die Nazi's het alle ander-denkende strominge aktief teengestaan. Op 10 Mei 1933 het die studente meer as 25 000 "onduitse" Boekverbranding in [[Boekverbranding in Nazi-Duitsland|boeke verbrand]], wat ’n era van staatsensuur en kultuurbeheer ingelui het. Nasionalistiese studente het op die aand van 10 Mei in die meeste universiteitstede in fakkelparades "teen die onduitse gees" opgeruk. Hierdie ritueel het die hooggeplaasde Nazi-amptenare, professore, rektore en studenteleiers genoop om die deelnemers en toeskouers aan te spreek of toe te spreek te spreek. In Berlyn het ongeveer 40  000 mense op die Opernplatz Joseph Goebbels se toespraak aangehoor: Nee vir dekadensie en morele korrupsie! Ja vir beskaafdheid en moraliteit in die gesin en die staat!
 
=== Gleichschaltung ===
12 721

wysigings