Verskil tussen weergawes van "Venesiaans"

14 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
}}
 
'''Venesiaans''' (''Vèneto'' of ''Łéngoa vèneta'', [[Italiaans]]: ''Lingua Veneta'') is 'n [[Romaanse tale|Romaanse taal]] wat deur sowat vier miljoen sprekers in die Noordoos-Italiaanse gewes [[Veneto]] asook in dele van Friuli-Venezia Giulia, Trentino en Istrië gepraat en by die Noord-Italiaanse groep van dialekte gereken word. Alhoewel die taal dikwels as 'n streekdialek geklassifiseer word, verskil dit in baie opsigte van [[Italiaans|Standaarditaliaans]] sodat dit - net soos ander Noord-Italiaanse taalvariante - ook as 'n selfstandige taal beskou kan word.
 
Sowel die bewoners van Venesië asook taalkundiges gebruik Vèneto of Veneties as 'n sambreelterm om na die groter groep van Venesiaanse dialekte met al sy plaaslike variante te daraus. Daarenteen word met die term Venexiàn/Venesiàn (Venesiaans, ''Veneziano'' in Italiaans) spesifiek na die variant verwys wat in die stad Venesië gepraat word en in die tydperk van die Republiek Venesië as dié stadstaat se amps- en algemene omgangstaal gedien het. Danksy sy lang literêre tradisie geniet Venesiaans nog steeds die status en prestige van 'n selfstandige taal, alhoewel dit juis Venesiane was wat met hul hoogs ontwikkelde uitgewerybedryf tydens die 16de eeu 'n belangrike rol by die uitbreiding van die Toskaans-Florentynse skryftaal as algemene kultuurtaal van Italië gespeel het.