Verskil tussen weergawes van "Kappadosië"

12 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
 
Kappadosië is een van die wêreld se grootste natuurwonders. Dit is ’n gewilde toeristebestemming danksy sy unieke historiese, geologiese en kulturele erfenis. Dit is ’n [[Unesco]]-[[wêrelderfenisgebied]].
 
Die plato bestaan uit ’n turfsteenlandskap wat ná ’n enorme uitbarsting van drie [[Vulkaan|vulkane]] miljoene jare gelede ontstaan het, en [[kalksteen]]. Die uitbarstings het duisende jare aangehou en die vulkaniese neerslag het ’n dik laag bo-oor die gebied gevorm. Deur geleidelike erosie van die verskillende tipes gesteentes, wat elk teen ’n ander spoed verweer het, is ’n unieke landskap by [[Göreme]] geskep. Veral die unieke "feëskoorstene" is ’n besonderse gesig.
 
Van die vroegste tye af is huise, kerke en kloosters in die turfsteen uitgekap. Dié is steeds oral in die rotswande te sien. In 300—1200 het Göreme ’n kloostersentrum geword. Dit is vandag die Göreme-opelugmuseum, een van die beroemdste terreine in Sentraal-Turkye.