Verskil tussen weergawes van "Robert Falcon Scott"

Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
Die ''Discovery'' het in Februarie 1904 van die ys weggebreek en later in dieselfde jaar na Brittanje teruggekeer. Die ekspedisie was ’n groot sukses; Scott was ’n held en hy is tot die rang van kaptein bevorder. Die volgende ses jaar het hy hom egter aan sy loopbaan in die vloot gewy. Intussen het Shackleton in 1907 na McMurdo Sound teruggekeer.
 
In Januarie 1909 is Shackleton gedwing om slegs 180 km van die Pool af terug te draai. Hy bethet getoon dat hierdie reis wel van McMurdo Sound af onderneem kon word, en  alles  was gereed vir Scott se tweede ontdekkingstog. Die ekspedisie het Brittanje in 1910 aan boord van die robbeskip ''Terra Nova'' verlaat. Dit was ’n groot en ambisieuse ekspedisie, wat uit twee afsonderlike groepe bestaan het. Hoewel ’n aansienlike hoeveelheid wetenskaplike werk gedoen moes word, was Scott se hoofdoel om die Suidpool te bereik. Dit het ook ’n wedren teen die Noorse ontdekkingsgeselskap geword, wat in die Baai van Walvisse, op die  Ross-ysbank, oorwinter het – ’n paar honderd kilometer oos van Scott se basis in McMurdo Sound.
 
== Die Suidpoolekspedisie ==