Verskil tussen weergawes van "Conegliano"

155 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
}}
'''Conegliano''' ([koneʎˈʎaːno]; [[Venesiaans]]: ''Conejàn'') is 'n munisipaliteit (''comune'') in die provinsie [[Treviso (provinsie)|Treviso]], geleë in die [[Italië|Noord-Italiaanse]] administratiewe streek [[Veneto]]. Met 'n bevolking van 35 203 (soos op 30 November 2018) is Conegliano die tweede grootste nedersetting in die provinsie. Die stad, wat aan die Monticanorivier en aan die voet van die heuwelreeks Colli Veneti geleë is, net noord van Veneto se digbevolkte vlakte, word oorheers deur 'n [[kloktoring]], die laaste oorblyfsel van 'n 10de eeuse [[kasteel]] wat op 'n heuwelpiek opgerig is en oorspronklik in besit van die biskop van Vittorio Veneto was.
[[Lêer:Conegliano Palazzo Piutti.jpg|duimnael|links|Die tyd het sy spore gelaat aan Conegliano se ryk versierde fasades: Palazzo Piutti, Contrada Grande]]
 
Die historiese middestad of ''Centro storico'' van Conegliano is teen 'n heuwelhelling geleë, terwyl die nuwe stadsdele uitgebrei het oor die vlakte teen die voet daarvan.