Verskil tussen weergawes van "Puniese Oorloë"

12 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
(Nuut geskep)
 
 
== Eerste Puniese Oorlog (264-241 v.C.) ==
In omstreeks dieselfde tyd toe Carthago sy handelsryk uitgebou het, het die agrariese [[Rome]] vanweë verowerings tot die grootste landmoondheid in die Weste ontwikkel. In 272 v.C. het Rome na die val van Tarentum die heerser van die hele Italiaanse skiereiland suid van die [[Po (rivier)|Po]] geword. Hoewel die Romeine en die Carthagers aanvanklik op taamlik vriendskaplike voet met mekaar verkeer het, het albei se drang na uitbreiding 'n botsing onvermydelik gemaak.
 
Die eerste botsing was by Sicilië, die punt van die Carthaagse invloedsfeer wat die naaste aan Rome gelê het en van waar hulle Rome se bondgenote in [[Suid-Italië]] lastig geval het. Die eerste oorlog het begin toe die [[Marmertyne]], Campaanse huursoldate wat na [[Agathocles]], die tiran van [[Sirakuse]], se dood in 289 v.C. 'n skrikbewind in Noordoos-Sicilië gevoer het, die Carthagers se hulp in 264 v.C. ingeroep het nadat hulle toenemend probleme begin ondervind het.
17 921

wysigings