Verskil tussen weergawes van "Puniese Oorloë"

12 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
'''Puniese (Feniciese) Oorloë''' is die naam wat die [[Romeinse Ryk|Romeine]] gegee het aan die drie gewapende botsings wat hulle in die 3e en 2e eeu v. C. met die [[Kartago|Kartagers]] gehad het oor heerskappy oor die [[Middellandse See]].<ref name="jw-102001806" /><ref name="Scarre" /><ref name="Goldsworthy" /> Veral as gevolg van hulle oorwinning in die tweede oorlog was Rome die enigste groot moondheid in die westelike deel van die [[Middellandse See]].
 
Die bewoners van die Feniciese handelstad [[Kartago]], wat in die 9e eeu v.C. aan die noordkus van [[Afrika]] gestig is, het hulle bedrywighede geleidelik meer op die westelike deel van die Middellandse See gerig. Ten einde die stad se handelsbelange teen mededingers soos die Grieke en die Etruskers te beskerm, het die stad reeds in die 5e eeu 'n omvangryke magsgebied begin opbou.