Verskil tussen weergawes van "Rio Grande"

4 248 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Inligting bygewerk
(Inligting bygewerk)
[[Lêer:Rio Bravo El Paso-Juarez.jpg|duimnael|links|Die Rio Grande tussen [[El Paso]], [[Texas]] (links), en [[Ciudad Juárez]], [[Chihuahua (deelstaat)|Chihuahua]] (regs). Vanaf hier vorm die rivier vir sowat 2 000 km die grens tussen Meksiko en die Verenigde State]]
[[Lêer:Matamoros008.JPG|duimnael|links|Die Rio Grande tussen Matamoros, Tamaulipas (voor), en Brownsville, Texas (agter), wes van die monding in die Golf van Meksiko]]
Die '''Rio Grande''' ([[Spaans]] vir "groot Rivier", soos genoem in die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]]<ref name="Reid">{{en}} Jan Reid: ''Rio Grande'', University of Texas Press (Austin, Texas, 2004), ISBN 0-292-70601-4</ref>), '''Río Bravo del Norte''' [ˈri.o ˈβɾaβo ðel ˈnorte] of net '''Río Bravo''' ("Wilde rivier van die Noorde", soos genoem in [[Meksiko]]<ref name=Reid/>), is 'n groot suidoos-vloeiende [[rivier]] in [[Noord-Amerika]]. Die rivier, met 'n lengte van 3&nbsp;051 km, is die derde langste rivier in die Verenigde State na die [[Missouririvier]]-[[Mississippirivier]] en die [[Yukonrivier]] asook Meksiko se langste rivier.
 
Die Rio Grande ontspring in die [[Rotsgebergte]] in die [[Deelstate van die Verenigde State van Amerika|Amerikaanse deelstaat]] [[Colorado]] en vloei vir sowat 300 km deur dié deelstaat. Die rivier vloei in suidelike rigting sowat 750 km deur [[Nieu-Meksiko]], bereik dié deelstaat se hoofstad [[Albuquerque, Nieu-Meksiko|Albuquerque]] en later die tweede grootste stad [[Las Cruces]]. Aansluitend bereik die rivier tussen [[El Paso]] en [[Ciudad Juárez]] die Meksikaans-Amerikaanse grens en vorm vanaf hier vir sowat 2&nbsp;000 km die grens tussen [[Texas]] en die noordoostelike [[Deelstate van Meksiko|Meksikaanse deelstate]] [[Chihuahua (deelstaat)|Chihuahua]], [[Coahuila]], [[Nuevo León]] en [[Tamaulipas]]. In die buitenste noorde van die deelstaat Tamaulipas is die stad [[Nuevo Laredo]] aan die rivier en aan die Texaanse kant is die susterstad [[Laredo]] geleë.
 
Die Rio Grande mond in die [[Golf van Meksiko]] uit en vorm sedert die ondertekening van die [[Verdrag van Guadalupe Hidalgo]] op 2 Februarie 1848 as gevolg van die [[Meksikaans-Amerikaanse Oorlog]] (1846–1848[[1846]] – [[1848]]) die grens tussen Meksiko en die Verenigde State.
 
== Boloop ==
Die Rio Grande ontspring as 'n smeltwaterstroompie op Windom Peak (3 700 m) in die [[San Juan-berge]] in Suidwes-[[Colorado]] en vloei via 'n canyon ʼn woudgebied binne voordat dit die breë, vrugbare [[San Luis-vallei]] bereik.
 
Hier word sy water vir die eerste keer vir besproeiing aangewend, naamlik vir die San Luis-valleiherwinningsprojek. Vanuit Colorado volg die rivier via die [[Rio Grande-kloof]] en die White Rock-canyon 'n roete deur die noorde van [[Nieu-Meksiko|Nieu-Mexiko]].
 
Noord van Albuquerque word die riviervallei breër en daarvandaan vloei die Rio Grande oor 'n breë en droë plato met 'n koue steppeklimaat deur die res van Nieu-Mexiko. Die Elephant Butte-dam is in [[1916]] in die gebied voltooi en 2 groot studamme, die Elephant Butte-reservoir en die Caballo-reservoir, gaar water op vir die Rio Grande-herwinningsprojek by die stad Las Cruces in die Mesilla-vallei in die suide van Nieu-Mexiko.
 
== Middelloop ==
Die studamme in die boloop van die rivier bring mee dat die Rio Grande by El Paso en Ciudad Juarez (op die ander oewer) 3 tot 6 maande van die jaar droog lê, te meer omdat die aangrensende warm steppe- en woestyngebied byna geen reën kry nie.
 
Dit vloei vir nog sowat 350 km in 'n suidoostelike rigting voordat een van sy minder belangrike syriviere, die [[Rio Conchos]] (590 km), wat in die Sierra Madre Occidental in [[Meksiko|Mexiko]] ontspring, daarby aansluit. By die riviere se samevloeiing is 2 spoorwegsentra vir spoorwegverkeer oor die grens tussen die [[VSA]] en Mexiko, naamlik die stad [[Ojinaga]] (Mexiko) en die dorp [[Presidio]] ([[Texas]]).
 
Van hier af kronkel die Rio Grande in ʼn noordoostelike rigting deur 3 canyons op 'n diepte van tussen 450 en 500 m. Die Big Bend National Park kom in die omgewing aan Texas se kant van die rivier voor.
 
== Benedeloop ==
Aan die begin van die benedeloop sluit die [[Pecosrivier]] (1 500 km), wat noord van Sante Fe op die Santa Fe Baldy (3847 m) in die suidelike [[Rotsgebergte]] ontspring, by die Rio Grande aan. (Die [[Amistad-reservoir]] ontvang water uit albei riviere.)
 
Die internasionale Amistad-dam, wat by die stede [[Del Rio]] in die VSA en [[Ciudad Acuna]] in Mexiko geleë is (hulle word met 'n brug verbind), is in [[1969]] ingevolge 'n ooreenkoms tussen die 2 lande in gebruik geneem. Van die dam af vloei die rivier in ʼn suidoostelike rigting tot in die kusvlakte in die omgewing van die vernaamste grensposte, Eagle Pass (VSA) en [[Piedras Negras]] (Mexiko).
 
Ondanks die deurgaans droë steppeklimaat is die rivier vanweë die klein syriviere hier dwarsdeur die jaar vol water en word dit selfs breër. Ongeveer 120 km stroom af van die belangrike spooroorgang tussen Laredo (VSA) en Nuevo Lareda (Mexiko) sluit die [[Rió Salado|Rio Salado]] (600 km lank), wat in die Sierra Madre Oriental ontspring, by die Rio Grande aan en word die Falconreservoir (96 km lank) gevorm. In die omgewing van die Falcon-dam, wat in 1954 voltooi is, is die Rio Grande vir die laaste 200 km bevaarbaar.
 
Die Benede-Rio Grandevallei is die vernaamste besproeiingslandbougebied en groente, katoen en sitrusvrugte word daar verbou. Aan die deltamonding lê die stede [[Matamoros]] (Mexiko) en [[Brownsville]] (VSA); laasgenoemde het as 'n hawestad begin ontwikkel nadat 'n kanaal van 27 km in [[1936]] na die [[Golf van Meksiko|Golf van Mexiko]] gebou is.
 
== Belangrikheid en probleme ==
Benewens die voorsiening van elektrisiteit en die verskaffing van water is die Rio Grande ook 'n vername bron van ontspanning vir inwoners van die omliggende gebiede. Verskeie delfstowwe word in die omgewing van die rivier aangetref, byvoorbeeld [[olie]], [[gas]], [[steenkool]], [[uraan]], [[goud]], [[silwer]], [[potas]] en [[gips]]. Omdat die Rio Grande 'n grensrivier is, het geskille tussen die VSA en Mexiko soms in die verlede opgeduik, byvoorbeeld wanneer die rivier sy vloei verander het.
 
Verskeie ooreenkomste moes ook oor waterverdeling aangegaan word nadat die studamme opgerig is. Vanweë die groot verskille in die stand van welvaart tussen die VSA en Mexiko, is die rivier, wat dikwels droog le, ʼn gewilde grensoorgang vir onwettige Mexikaanse immigrante.
 
== Verwysings ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409656, volume 24, bl. 25, 26
{{Commons-kategorie inlyn|Rio Grande (river)}}
{{Verwysings|2}}
 
{{Saadjie}}
 
{{Normdata}}
2 127

wysigings