Verskil tussen weergawes van "Likkewaan"

8 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
formaat
(vyande)
(formaat)
[[Lêer:White-throated Monitor Lizard (Varanus albigularis) (11422080523).jpg|duimnael|regs|[[Kliplikkewaan]] (''Varanus albigularis'') in die [[Krugerwildtuin]]. Die spesie hou in die veld en is nie waterlewend nie.]]
Die '''likkewane''' (familie ''Varanidae'') is waarskynlik 'n baie ou maar tog hoogs ontwikkelde familie van akkedisse. Hulle kan goed loop, swem en klim, en word net in die [[Ou Wêreld]] aangetref. Daar is 30 spesies, wat in lengte wissel van 20 cm tot 300 cm. Die grootste spesie is die komododraakKomododraak of komodolikkewaanKomodolikkewaan (''Varanus komodoensis''), wat soms selfs op wildevarke of takbokke jag maak. Volwasse likkewane het nie baie natuurlike vyande nie – arende en die mens is die vernaamstes.
 
Die likkewaanfamilie (''Varanidae'') omvat 30 spesies, waarvan die lengte kan wissel tussen 20 cm en 300cm (die komododraakKomododraak). Hoewel daar 'n groot verskeidenheid in lengte is, lyk die 30 spesies baie na mekaar. Alle likkewane het langwerpige lywe, smal koppe wat duidelik deur middel van 'n lang nek van die lyf geskei word, sterk, stewige pote en 'n lang, gespierde stert. Die sterk, gevaarlike kloue stel die dier in staat om rats en vinnig lê beweeg en goed in bome en oor rotse te klim. Die stert is dikwels sydelings afgeplat en word as ʼn swemorgaan en wapen gebruik.
 
Die likkewaan se hele lyf is met skubbe bedek. Op die rug is die [[Skubreptiel|skubbe]] rond en nie oormekaar gerangskik nie. Die skubbe op die pens is meer vierkantig en lê in dwars rye. Likkewane is [[Karnivoor|karnivore]] (vleisvretende diere) en hul gebit is goed aangepas by hierdie lewenswyse. Hulle het groot, skerp en spits tande waarmee die prooi doodgebyt en verskeur word. Die tande is egter nie geskik vir kou-doeleindes nie.
== Komododraak ==
[[Lêer:Komodo dragon Varanus komodoensis Ragunan Zoo 1.JPG|duimnael|regs|Komododraak in die Ragunan-dieretuin]]
Die [[Komododraak]] of komodolikkewaanKomodolikkewaan (''Varanus komodoensis'') word afsonderlik genoem omdat hy in soveel opsigte uniek is. Hoewel hierdie dier die grootste van al die akkedisagtiges is en tot 3 m lank word, is hy eers in 1912 ontdek. Die rede hiervoor is dat die spesie uitsluitlik op 'n klein deel van [[Floressee|Flores]] en op 'n paar van die naasliggende eilandjies voorkom. Hierdie gebiede word sedert 1980 deur die Nasionale Komodopark omsluit.
 
Vroeg in die 20e eeu het die gerugte die Nederlandse regering bereik dat 'n draak van 7 m op die eiland Komodo (32 km by 19 km), wat as strafkolonie gedien het, gewaar is. Die eerste voorbeelde van die "draak" is eers in 1912 ontdek, toe maj. P.A. Ouwens (1850-1922), die destydse direkteur van die botaniese tuin in Buitenzorg (nou [[Bogor]]) in [[Java (eiland)|Java]], 'n vel en lewendige komodolikkewaneKomododrake opgespoor het.
 
Die "draak" was egter nie 7 m lank soos beweer is nie, maar die dier het 'n lengte van 3 m en 'n massa van 150 kg gehad. In ander dele van die wêreld was daar 'n toenemende vraag na die spesie vir dieretuine en wetenskaplike instellings. Die komododraakKomododraak kan egter nie meer na willekeur uitgevoer word nie, omdat die eilandjies intussen tot reservaat verklaar is. Dit waarborg egter nie die voortbestaan van die unieke likkewaan nie, want daar word steeds jag gemaak op bokke en varke, wat 'n belangrike deel van die komododraak se prooi uitmaak.
 
Die ''World Animal Foundation'' het in 2019 geraam dat daar slegs 6 000 van die diere in die natuur oor is. 'n Smokkelsindikaat is ook ontbloot wat probeer het om 41 Komododrake teen $35 000 stuks te verkoop. Gevolglik is Komodo-eiland vanaf Januarie 2020 nie meer vir toeriste toeganklik nie, en gaan daar gepoog word om hul getalle eers te laat aanwas.
10 108

wysigings