Verskil tussen weergawes van "Likkewaan"

12 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
skakels
(formaat)
(skakels)
Likkewane word oor die hele vasteland van [[Afrika]] (maar nie op [[Madagaskar]] nie), [[Suid-Asië]], [[Verenigde Oos-Indiese Kompanjie|Oos-Indië]] en [[Australië]] aangetref. Daar is slegs een genus, wat sowat 30 spesies verteenwoordig. In Suid-Afrika kom daar net 2 spesies voor, naamlik die water- of [[nyllikkewaan]] (''Varanus niloticus'') en die berg- of [[kliplikkewaan]] (''Varanus albigularis''). Die nyllikkewaan kom oor die hele land naby water voor.
 
Hy kan tot 'n uur lank onder die water bly en leef hoofsaaklik van mossels[[mossel]]s, krappe[[krap]]pe en krokodileiers, maar ook van enige ander klein lewende diere. Pasgebore nyllikkewane is ongeveer 23 cm lank en volwasse diere bereik 'n lengte van 1,8 tot 2 m. Die kliplikkewaan (''Varanus albigularis'') is kleiner as die nyllikkewaan (1,2 m) en kom hoofsaaklik in die savannes en oop bosveldgebiede voor, en word selde by water aangetref.
 
Die woestynlikkewaan (''Varanus griseus'') kom in [[Noord-Afrika]] sowel as in [[Arabië]] en Oos-Indië voor. Hy is vaal van kleur en ongeveer 1,2 m lank. In teenstelling met die nyllikkewaan is die woestynlikkewaan se stert rond. Die [[woestynlikkewaan]] word net in woestyngebiede aangetref, waar hy in ondergrondse gate woon. Omdat hy so vinnig en rats beweeg, sien toeriste die woestynlikkewaan gewoonlik net as opgestopte halfwasdiere in winkels.
 
Die volwasse woestynlikkewaan is sowat 1,5 m lank. In Suidoos-Asië en Indonesië kom die [[Asiatiese likkewaan]] (''Varanus salvator'') algemeen voor. Die dier lê graag op rivieroewers in die son en bak en word daarom dikwels vir ʼn [[krokodil]] aangesien. Die Asiatiese likkewaan word tot 2,7 m lank en het ovaalvormige neusgate en 'n afgeplatte stert. Hy is redelik bont, met geel kolle op die lyf en 'n geel pens. Die [[geellikkewaan]] (''Varanus flavescens'') word in [[Indië]] en [[Pakistan]] aangetref. Dit is ʼn geelbruin dier met 'n uitsonderlike kort kop.
 
Die swartgestippelde [[Bengaalse likkewaan]] (''Varanus bengalensis'') kom oor die hele suidelike deel van Asië voor en word, soos ''Varanus prasinus'' van [[Nieu-Guinee]], dikwels in bome aangetref. Verskeie likkewaanspesies word in Australië aangetref, byvoorbeeld die [[Gould-likkewaan]] (''Varanus gouldi''), wat in groot getalle in die sandgebiede van die land voorkom.
10 108

wysigings