Verskil tussen weergawes van "Likkewaan"

1 greep verwyder ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(skakels)
k
Die '''likkewane''' (familie ''Varanidae'') is waarskynlik 'n baie ou maar tog hoogs ontwikkelde familie van akkedisse. Hulle kan goed loop, swem en klim, en word net in die [[Ou Wêreld]] aangetref. Daar is 30 spesies, wat in lengte wissel van 20 cm tot 300 cm. Die grootste spesie is die Komododraak of Komodolikkewaan (''Varanus komodoensis''), wat soms selfs op wildevarke of takbokke jag maak. Volwasse likkewane het nie baie natuurlike vyande nie – arende en die mens is die vernaamstes.
 
Die likkewaanfamilie (''Varanidae'') omvat 30 spesies, waarvan die lengte kan wissel tussen 20 cm en 300cm (die Komododraak). Hoewel daar 'n groot verskeidenheid in lengte is, lyk die 30 spesies baie na mekaar. Alle likkewane het langwerpige lywe, smal koppe wat duidelik deur middel van 'n lang nek van die lyf geskei word, sterk, stewige pote en 'n lang, gespierde stert. Die sterk, gevaarlike kloue stel die dier in staat om rats en vinnig te beweeg en goed in bome enof oor rotse te klim. Die stert is dikwels sydelings afgeplat en word as ʼn swemorgaan en wapen gebruik.
 
Die likkewaan se hele lyf is met skubbe bedek. Op die rug is die [[Skubreptiel|skubbe]] rond en nie oormekaar gerangskik nie. Die skubbe op die pens is meer vierkantig en lê in dwars rye. Likkewane is [[Karnivoor|karnivore]] (vleisvretende diere) en hul gebit is goed aangepas by hierdie lewenswyse. Hulle het groot, skerp en spits tande waarmee die prooi doodgebyt en verskeur word. Die tande is egter nie geskik vir kou-doeleindes nie.
10 108

wysigings