Verskil tussen weergawes van "Monargie"

31 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
k
== Soorte monargieë ==
[[Lêer:Heraldic Royal Crown (Common).svg|duimnael|links|'n Kroon is gewoonlik die simbool van 'n monarg]]
Monargieë word verdeel in [[Absolute monargie|absolute]] en [[grondwetlike monargie]]ë. In 'n absolute monargie is die [[Mag (sosiale wetenskappe)| mag]] van die [[monarg]] 'absoluut', dit wil sê dat hy onbeperkte regeringsmag het. In 'n grondwetlike monargie word die rol van die monarg in die [[grondwet]] vasgestel, wat meestal bepaal dat die hoogste mag by die [[parlement]] lê. In ander gevalle, (byvoorbeeld in [[Swede]]) het die monarg slegs 'n seremoniële funksie. Daar is tans nie meer baie absolute monargieë in die wêreld oor nie. [[Brunei]] is een van die weinige voorbeelde.
 
[[Maleisië]] is net soos die [[Vatikaanstad]] 'n monargie waar die staatshoof verkies word. Nege van die dertien deelstate in Maleisië het erflike vorste, wat elke vyf jaar 'n [[koning]] uit hulle midde kies. Historiese voorbeelde van gekose monargieë is die konings van [[Duitsland]], [[Frankryk]], [[Griekeland]], [[Hongarye]], [[Italië]], [[Pole]] en [[Portugal]].
17 469

wysigings