Verskil tussen weergawes van "Igor Strawinski"

3 722 grepe bygevoeg ,  10 maande gelede
Inligting bygewerk
k
Etiket: 2017-bronwysiging
(Inligting bygewerk)
 
Volgens sy wens het Strawinski sy laaste rusplek op die [[Venesië|Venesiaanse]] begraafeiland [[San Michele (eiland)|San Michele]] gevind, nie ver van [[Sergei Diaghilev]] se graf nie.
 
<br />
 
== Die Franse tydperk ==
Na die [[Eerste Wêreldoorlog]] het Strawinski van [[Switserland]] na [[Frankryk]] verhuis, waar hy vir die volgende 20 jaar gewoon het en waartydens hy die Russiese kenmerke in sy musiek ten gunste van Neo-Klassisistiese elemente laat vaar het. So byvoorbeeld is die musiek van die ballet ''Pulcinella'' ([[1920]]) op werke van Pergolesi gebaseer, terwyl die ''Symphonie de psaumes'' ("Simfonie van Psalms"; [[1930]]) heelwat kenmerke van die Gregoriaanse koorsang bevat.
 
Sy laaste ballet vir Diaghilef se Ballet Russes, ''ApolIon'' ''Musagète'' ([[1928]]), toon ooreenkomste met [[Wolfgang Amadeus Mozart|Mozart]]. Die opera ''Oedipus Rex'' (na Sophokles se drama; [[1928]]) is op 'n teks van [[Jean Cocteau]] gebaseer, maar in [[Latyn|Latyns]] vertaal Strawinski het nou ook 'n bestaan as dirigent en konsertpianis gemaak, en 'n aantal werke uit hierdie tydperk het hy eintlik vir homself geskryf:
 
Konsert vir klavier en blaasinstrumente ([[1924]]), Sonate vir klavier ([[1924]]), Serenade in A-majeur vir klavier ([[1925]]) en Konsert vir twee solo-klaviere ([[1935]]), wat hy saam met sy seun Soulima (geb. [[1910]]) tydens konsertreise in Europa en [[Suid-Amerika]] ([[1936]]) uitgevoer het. Hy het gereeld deur [[Europa]] getoer, maar [[Noord-Amerika]] ook in [[1925]], [[1935]] en [[1937]] besoek.
<br />
 
== Die Amerikaanse tydperk ==
In [[1938]] en [[1939]] het Strawinski se oudste dogter, sy vrou en sy moeder kort na mekaar gesterf, en met die uitbreek van die [[Tweede Wêreldoorlog]] in September [[1939]] het hy na die [[Verenigde State van Amerika|VSA]] verhuis en hom in [[1940]] met sy tweede vrou in [[Hollywood]] gevestig, waar hy vir meer as 25 jaar gebly het.
 
Gedurende die oorlogsjare het Strawinski 'n paar simfoniese werke gekomponeer, en na die oorlog het hy 'n aantal van sy vroeë werke hersien. Tussen [[1948]] en [[1951]] het hy aan sy opera ''The rake's progress'', met 'n teks deur [[W.H. Auden]] en [[Chester Kallmann]], gewerk. Die opera is deur [[William Hogarth]] se skildersiklus uit die [[18de eeu|18e eeu]] geïnspireer. In [[1948]] het Strawinski 'n artistieke verbintenis begin met die dirigent Robert Craft (geb. [[1923]]), wie se geesdrif vir die musiek van Webern, Schoenberg en Berg 'n nuwe fase in Strawinski se skeppingslewe ingelui het.
 
Die ''Canticum Sacrum'' ([[1955]]) en die ballet ''Agon'' ([[1957]]) is deur sy eerste volkome seriële (gebaseer op notereekse) werke gevolg: ''Threni'' ([[1958]]), ''Movements'' ([[1959]]), ''Variations'' ([[1964]]) en ''Requiem'' ''Canticles'' ([[1966]]), wat net so ʼn belangrike deel van sy oeuvre as die meesterstukke uit sy vroeëre tydperk uitmaak. In [[1962]] het Strawinski en Craft 'n reeks konserte in [[Suid-Afrika]] gelei. Hoewel sy gesondheid geleidelik verswak het namate hy sy 90e lewensjaar genader het, was hy tot so laat as [[1970]] met transkripsies van [[Johann Sebastian Bach|Bach]]-werke besig. Strawinski is op [[6 April]] [[1971]] in [[New York Stad|New York]] oorlede en is op die eiland San Michele in Venesië begrawe.
 
== Waardering ==
Strawinski se skeppingslewe het oor 'n tydperk van 60 jaar gestrek en oor die lang tyd is die oorspronklikheid en die krag van sy werke gehandhaaf. Hy het opeenvolgende geslagte musici verbyster met sy vermoë om sy musikale denke te verander en te vernuwe.
 
Sy musiek het 'n kliniese klank; die orkes bestaan gewoonlik uit 'n betreklik klein groepie instrumente sodat musikale timbre nooit dig word nie maar selfs in die deurdringendste fortissimo gedetailleerd bly. Strawinski word allerweë as een van die voorste komponiste van die [[20e Eeu|20e eeu]] beskou.
 
== Verwysings ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409656, volume 24, bl. 171
{{Verwysings}}
 
2 102

wysigings