Verskil tussen weergawes van "Minoïese beskawing"

Geen grootteverandering nie ,  2 jaar gelede
 
Lineêr B, wat in die vyftigerjare van die eeu deur [[Michael Ventris]] ontsyfer is, is op Kreta sowel as die Griekse vasteland aangetref. (By Knossos alleen is daar al sowat 3 000 tablette en fragmente ontdek.) Die ontsyferde tablette (hoofsaaklik voorraadlyste en so meer) versterk die vermoede dat die Kretensers ‘n geordende maatskappy, met 'n redelik uitgebreide burokrasie gehad het.
 
Gebaseer op die ontsyfering van Lineêr B, is dit moontlik om tekste in [[Lineêr]] A]] en fragmente van die hiërogliewe tekste deels te lees. Hulle taal is egter anders, en slegs 'n deel van die woorde (plantname, persoonlike name, toponieme, ens.) kan verstaan word.
 
Afgesien van hierdie skrifstelsels, was daar nog een (getoets op die [[skyf van Phaistos]] en die seremoniële byl van Arkalochori), wat heeltemal onverklaarbaar is en sigbaar nie verwant is aan die voorgenoemde skryfstelsels nie.
240

wysigings