Verskil tussen weergawes van "Pete Sampras"

4 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(Uitgebrei)
k
Sampras se professionele loopbaan het in 1988 begin en op die [[VSA-Ope]] van 2002 geëindig waar hy [[Andre Agassi]] in die eindstryd verslaan het. Hy was die rekordhouer van sewe [[Wimbledon-kampioenskap|Wimbledon]]-mansenkelspeltitels tot in 2017, toe [[Roger Federer]] sy agtste titel gewen het. Sampras het ook vyf VSA-Ope-titels gewen, ’n Ope-era-rekord wat hy met Federer en [[Jimmy Connors]] deel, asook twee titels in die [[Australiese Ope]]. Sy 14 Grand Slam-titels was ’n rekord totdat Federer sy 15de titel in 2009 op Wimbledon gewen het. [[Rafael Nadal]] het dié prestasie in 2017 in die [[Franse Ope]] herhaal en [[Novak Djokovic]] in 2019 in die Australiese Ope.
 
Sampras het altesaam 64 enkelspeltitels gewen. Hy was in 1993 die eerste keer die wêreld se no. 1-speler en het dié posisie 286 weke lank gehou (die tweede langste naas Federer se 310 weke). Hy was van 1993 tot 1998 ’n rekordgetal van ses agtereenvolgende jare no. 1. In 2007 is hy in die [[Internasionale Tennisheldesaal]] vereer.
 
== Grand Slam-rekord ==