Verskil tussen weergawes van "Christopher Isherwood"

geen wysigingsopsomming nie
Nadat hy as ‘n private tutor gewerk het, het Isherwood ‘n mate van erkenning verkry met sy eerste twee romans, All the Conspirators (1928) en The Memorial (1932). Gedurende die 1930s het hy saam met sy vriend [[W.H. Auden]] op drie dramas gewerk, insluitende The Ascent of F6 (1936). Maar dit was in 1929 dat hy die tema ontdek het wat hom algemeen bekend sou maak. Isherwood het tussen 1929 en 1933 in [[Berlyn]] gewoon, en sodoende die besondere en objektiewe oogpunt van ‘n buitestaander betreffende die verval van die [[Weimar Republiek]] en die opkoms van die [[Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty]] van [[Hitler]] verkry. Sy romans, Mr. Norris Changes Trains (1935; The Last of Mr. Norris) en Goodbye to Berlin (1939), wat later saam gepubliseer is as Die Berlyn Verhale, het sy reputasie as ‘n belangrike skrywer gevestig, en het as inspirasie vir die toneelstuk, I Am a Camera, (1951; rolprent, 1955) gedien sowel as die musiekblyspel Cabaret (1966; rolprent, 1972). Hierdie boeke is afgesonderde maar humoristiese studies van twyfelagtige karakters wat losbandige lewens as inkommers lei in die Duitse hoofstad. In 1938 het Isherwood Lions and Shadows gepubliseer, ‘n amusante en sensitiewe relaas van sy vroeë lewe en vriendskappe terwyl hy ‘n student was aan die [[Universiteit van Cambridge]].
Die koms van die [[Tweede Wêreldoorlog]] het nie slegs ‘n verandering meegebring in Isherwood se skryfwerk nie, maar ook ‘n permanente verandering wat woonplek betref. Hy het naamlik in 1939 na die [[VSA]] geïmmigreer en hom in Suid-Kalifornië gevestig waar hy onderrig gegee het en draaiboeke vir Hollywood rolprente geskryf het. Hy was in 1946 genaturaliseer. Dit was ook in 1939 dat Isherwood hom na [[Pasifis|pasifisme]] en die selfontkenning van die Indiese Vedanta gewend het en ‘n volgeling van Swami Prabhavananda geword het. Tydens die daaropvolgende dekades sou Isherwood verskeie werke oor Vedanta en vertalings met Prabhavananda voortbring, insluitende ‘n vertaling van die Bhagavadgita.
Isherwood se na-oorlogse romans het voortgegaan om sy persoonlike styl van [[Fiksie|fiksionele]] outobiografie te demonstreer. Sy [[A Single Man (boek)]] van 1964, (wat in 2009 verfilm is) ‘n kort maar hooggeagte roman; handel oor ‘n enkele dag in die lewe van ‘n eensame middeljarige homoseksuele man. Sy erkende outobiografiese werke sluit ‘n self-verklaarde memoir van sy ouers, Kathleen and Frank (1971) en, ‘n retrospektiewe biografie van homself in die 1930s, Christopher and His Kind (1977), in.en ‘n Studiestudie van sy verhouding met Prabhavananda en Vedanta, My Guru and His Disciple (1980), in. Diaries: Volume One: 1939–1960 (1996) en The Sixties: Diaries: 1960–1969 (2010) was postuum gepubliseer.
Isherwood het vanaf 1953 saam met sy metgesel, Don Bachardy (‘n skilder en portretskilder) gewoon.<ref> "Isherwood, Christopher." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.</ref>
==Verwysings==
11 036

wysigings