Verskil tussen weergawes van "Tiananmen-betogings van 1989"

Skakel
k (bibliografie)
(Skakel)
Die protes het ontstaan na die dood in April 1989 van Hu Yaobang, die hervormingsgesinde sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party. Hu Yaobang is reeds in 1987 afgesit omdat hy in 1986 met lankmoedigheid teen studente-protes gehandel het. Die hele maand Mei het die studente die plein beset, waarop selfs 'n replika van die Amerikaanse [[Statue of Liberty]] geplaas is.
 
Na verskeie mislukte pogings om die betogings te beëindig, is die weermag uiteindelik ontplooi. Op die aand van 3 tot 4 Junie is die weermag deur [[Deng Xiaoping]] opdrag gegee om te vuur op die betogers en omstanders. Die skattings van die aantal sterftes wissel van honderde tot duisende. Alhoewel 'n gewelddadige reaksie as 'n moontlikheid beskou is, het die vlak van geweld tog wêreldwyd verras.
 
Na hierdie bloedige verplettering van die betogings, is [[tenk]]s gebruik om die strate en die plein skoon te maak. Die bekendste beelde hiervan is van 'n man wat voor die kolon tenks gestaan het en hulle gestop het en internasionaal bekend staan as die 'onbekende [[tenkman]]'.
Anonieme gebruiker