Verskil tussen weergawes van "Mayan Revival"

1 185 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Mayan Theater Los Angeles California.jpg|duimnael|Die ''Mayan Theater'' in [[Los Angeles]], 'n vroeëre rolprentteater, is in 1927 geopen]]
[[Lêer:Hollyhock_House,_Frank_Lloyd_Wright_1917-1921_(2).jpg|duimnael|[[Frank Lloyd Wright]] se ''Hollyhock House'' (1917-21) in East Hollywood, Los Angeles]]
'''Mayan Revival''' is 'n moderne argitektoniese styl wat hoofsaaklik gedurende die 1920's en 1930's in die Amerikas gewild geraak het.<ref>Marjorie Ingle: ''Mayan Revival Style: Art Deco Mayan Fantasy''. Salt Lake City, UT: Peregrine Smith Books 1984, bl. v</ref> Die styl is geïnspireer deur die boukuns en ikonografie van Voor-Kolumbiaanse Suid-Mexikaanse en [[Sentraal-Amerika]]anse beskawings.
 
Sommige bekende argitekte het geboue in die Mayan Revival-styl ontwerp, onder wie [[Frank Lloyd Wright]] en sy seun loyd Wright. Frank Lloyd Wright het die inspirasie vir sy ''Hollyhock House'', wat op die heuwelpiek ''Olive Hill'' in [[Los Angeles]] ontstaan het, in die tempels van Palenque gevind, terwyl die ''Imperial Hotel'' in [[Tokio]] soos 'n Sentraal-Amerikaanse [[piramide]] lyk. Die geometriese patrone, waarmee die fasades van geboue in Uxmal versier is, het as voorbeeld vir die argitek se tekstiele [[beton]]blokkies gedien wat 'n unieke karakter aan die fasades van ''Ennis House'', ''Millard House'', ''Storer House'' en ''Freeman House'' in Los Angeles gegee het.
 
Wright se seun, die argitek en landskapsargitek Lloyd Wright, was die konstruksiebestuurder vir drie van sy vader se vier tekstielblok-wonings. Onafhanklik daarvan het hy in 1926 die ikoniese ''[[John Sowden House]]'' in die Los Feliz-buurt van Sentraal-Hollywood, Los Angeles ontwerp.
 
Die [[Japan]]nese argitek Arata Endo, wat sy opleiding by Wright ontvang het, het sterk op Wright se ontwerp vir die ''Imperial Hotel'' gesteun toe hy in die 1930's sy Kōshien Hotel gebou het.
 
== Verwysings ==