Verskil tussen weergawes van "Mayan Revival"

79 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Mayan Theater Los Angeles California.jpg|duimnael|Die ''Mayan Theater'' in [[Los Angeles]], 'n vroeëre rolprentteater wat tans as salsa-klub en konsertsaal dien, is in 1927 geopen]]
[[Lêer:Hollyhock_House,_Frank_Lloyd_Wright_1917-1921_(2).jpg|duimnael|[[Frank Lloyd Wright]] se ''Hollyhock House'' (1917-21) in East Hollywood, Los Angeles]]
'''Mayan Revival''' is 'n moderne argitektoniese styl wat hoofsaaklik gedurende die 1920's en 1930's in die Amerikas gewild geraak het.<ref>Marjorie Ingle: ''Mayan Revival Style: Art Deco Mayan Fantasy''. Salt Lake City, UT: Peregrine Smith Books 1984, bl. v</ref> Die styl is geïnspireer deur die boukuns en ikonografie van Voor-Kolumbiaanse Suid-Mexikaanse en [[Sentraal-Amerika]]anse beskawings en het kort voor die begin van die [[Art Deco|Art Deco-stylperiode]] gefloreer.
 
Sommige bekende argitekte het geboue in die Mayan Revival-styl ontwerp, onder wie [[Frank Lloyd Wright]] en sy seun loyd Wright. Frank Lloyd Wright het die inspirasie vir sy ''Hollyhock House'', wat op die heuwelpiek ''Olive Hill'' in [[Los Angeles]] ontstaan het, in die tempels van Palenque gevind, terwyl die ''Imperial Hotel'' in [[Tokio]] soos 'n Sentraal-Amerikaanse [[piramide]] lyk. Die geometriese patrone, waarmee die fasades van geboue in Uxmal versier is, het as voorbeeld vir die argitek se tekstiele [[beton]]blokkies gedien wat 'n unieke karakter aan die fasades van ''Ennis House'', ''Millard House'', ''Storer House'' en ''Freeman House'' in Los Angeles gegee het.