Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

289 grepe bygevoeg ,  2 maande gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
Vir langer as 2000 jaar is die land deur ’n reeks magtige dinastieë regeer. In 1912 word dit ’n [[republiek]], en in 1949, ná ’n lang oorlog tussen die nasionaliste en die [[Kommunisme|kommuniste]], ’n kommunistiese staat bekend as die Volksrepubliek China. Die staat is sedert sy stigting in 1949 deur die [[Kommunistiese Party van China]] (aanvanklik onder [[Mao Zedong]]) gelei. Die vestiging van 'n kommunistiese bewind volgens die voorbeeld van die Sowjetunie en 'n staatsbeheerde ekonomie word deur politieke ontleders en historici dikwels as die eerste van drie rewolusies in China se 20ste en 21ste eeuse geskiedenis beskou. Ten spyte van alle verwagtinge wat in die weste met die val van kommunisme in die Sowjetunie en die Oosbloklande in 1989 gekoester is, het China se kommunistiese stelsel geblyk om uiters stabiel te wees.
 
Die afsterwe van Mao Zedong en premier Zhou Enlai in 1976 en die kort en onbloedige magstryd, wat daarop gevolg het, het die weg gebaan vir die magsoorname van Deng Xiaoping in 1978. SyIn sy beleid van staatkundige en ekonomiese hervormings, waarna hy later self as die «Tweede Rewolusie» sou verwys, het op die sogenaamde «Vier Moderniserings» berus(四个现代化/四個現代化, sì ge xiàndàihuà) sentraal gestaan. Oorspronklik is hierdie hervormingsbeleid reeds in 1963 deur Zhou Enlai geformuleer, maar eers deur Deng Xiaoping verwesenlik - met die modernisering van landbou, nywerhede, verdediging en wetenskap en tegnologie.
 
Meer onlangs het die Volksrepubliek China ekonomies vinnig ontwikkel. Vandag is dit een van die belangrikste ekonomiese en industriële moondhede in die wêreld wat volgens sy ekonomiese beplanning tot 2049, wanneer dit die eeufees van die Chinese Rewolusie sal vier, tot die voorste nywerheidsland op aarde sal groei.
99 346

wysigings