Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
[[Lêer:Map of the Great Wall of China.jpg|duimnael|links|Kaart van die Groot Muur van China]]
[[Lêer:Ruins of the guard tower.jpg|duimnael|links|Ruines van 'n wagtoring]]
Die eerste muur wat verband hou met die Groot Muur dateer waarskynlik vanaf die sewende eeu v.C. In die tydperke[[tydperk van die Lente en die Herfs]] sowel as die [[tydperk van die Strydende State]] is China verdeel in 'n aantal mededingende ryke wat defensiewe hindernisse langs hul grense gebou het. Hierdie is gewoonlik opgerig met behulp van die arbeidsintensiewe boutegnieke van vasgestampte grond, waar die [[klei]] en grond saamgepers word in 'n massiewe massa. Onder die bedreiging van die Xiongnu en ander noordelike steppe-volke het die verdedigingsmure van die ryke Zhao, Yan en Qin vanaf die vierde eeu v.C. 'n sistematiese karakter begin aangeneem.
 
[[Qin Shi Huangdi]] het uiteindelik alle mededingende state verower en in 221 v.C. China onder sy heerskappy verenig. Die grootste bouprojek tydens die elfjarige regering van hierdie megalomaniese keiser was om die mure op die noordelike grens te verenig en te versterk. Nog 'n groot projek was die konstruksie van sy eie [[mausoleum]] in [[Xi'an]] met die beroemde [[Terracottaleër]]. Die opofferings wat die mense tydens die bewind van Qin Shi Huangdi moes maak was egter so groot dat die mense ná sy dood opstandig geword het en sy dinastie moes plek maak vir die [[Han-dinastie]], wat meer as vier eeue sou regeer. Die Han-heersers het die Groot Muur verder uitgebrei, maar in die eeue wat daarna volg, het die verdedigingskompleks verval.
9 587

wysigings