Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

267 grepe bygevoeg ,  2 maande gelede
k
== Geskiedenis ==
=== Tweede Rewolusie ===
[[Lêer:2008 Summer Olympics - Opening Ceremony - Beijing, China 同一个世界 同一个梦想 - U.S. Army World Class Athlete Program - FMWRC (4928525748).jpg|duimnael|links|Olimpiese Spele 2008 - nuwe perspektiewe op China se toekomstige strategieë word geopen]]
 
Die afsterwe van Mao Zedong en premier Zhou Enlai in 1976 en die kort en onbloedige magstryd, wat daarop gevolg het, het die weg gebaan vir die magsoorname van Deng Xiaoping in 1978. In sy beleid van staatkundige en ekonomiese hervormings, waarna hy later self as die «Tweede Rewolusie» sou verwys, het die sogenaamde «Vier Moderniserings» (四个现代化/四個現代化, Sì Ge Xiàndàihuà) sentraal gestaan. Oorspronklik is hierdie hervormingsbeleid reeds in 1963 deur Zhou Enlai geformuleer, maar eers deur Deng Xiaoping verwesenlik - met die modernisering van landbou, nywerhede, verdediging, en wetenskap en tegnologie. Dit het gepaard gegaan met die geleidelike oorgang van 'n bevel- tot 'n meer markgedrewe ekonomie waarin meer ekonomiese bevoegdhede aan besluitnemers op provinsiale en munisipale vlak verleen is. Buitelandse ondernemings is uitgenooi om met uitgebreide handelsaktiwiteite en regstreekse beleggings deel te hê aan China se ekonomiese vooruitgang.
 
99 623

wysigings