Verskil tussen weergawes van "Qin-dinastie"

36 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k
k (→‎Geskiedenis: Skakel)
 
== Geskiedenis ==
Die krag van die staat is in ’n groot mate verhoog deur [[Legalisme|legalistiese]] hervormings in die [[4de eeu v.C.]]. Die Qin het in die middel en laat [[3de eeu v.C.]] ’n reeks vinnige verowerings geloods om eers die magtelose [[Zhou-dinastie]] en eindelik nog ander [[tydperk van die Strydende State|strydende state]] oor te neem. So het hulle die hele China verenig.
 
Tydens sy bewind oor China het die Qin probeer om ’n keiserlike staat te verenig deur ’n hoogs gestruktureerde politieke mag en ’n stabiele ekonomie wat ’n groot weermag kon onderhou.<ref>Tanner (2010). ''China: A History'', p. 85-89. Hackett. ISBN 978-1-60384-203-7</ref> Die sentrale regering het die rol van die aristokrate en grondeienaars verklein en regstreekse administratiewe beheer oor die boere, die grootste deel van die bevolking, uitgeoefen. Dit het ’n groot mannekrag tot gevolg gehad, asook ambisieuse bouprojekte soos ’n muur aan die noordelike grens (vandag bekend as die [[Groot Muur]]). Die Qin-dinastie het ook verskeie hervormings ingestel, soos die geldeenheid, die standaardisasie van gewigte en eenhede en ’n eenvormige [[skryfstelsel]]. Om kritiek te beperk en alle inligting oor ou dinastieë te vernietig, is boeke in 213 v.C. verbrand en 460 [[Konfusius|Konfusiaanse]] geleerdes lewendig begrawe. Die weermag was ook rewolusionêr in die sin dat dit die modernste wapens, vervoer en taktiek gebruik het.
14 485

wysigings