Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
Skakel
Die '''Volksrepubliek China'''<ref>[[Afrikaanse Woordelys en Spelreëls]]; Elfde, omvattend hersiene uitgawe, 2017, ISBN 978-1-86890-207-1: "''China Chinese Chinees''"</ref> ([[Mandaryns|Mandaryn]]-[[Chinees]]: 中華人民共和國, [[pinyin]]: ''Zhōnghuá Rénmín Gònghéguó''; wat soms ook '''Rooi-China''' of dikwels net '''China''' genoem word) is 'n groot [[land]] in [[Oos-Asië]] en een van twee Chinese state wat daarop aanspraak maak dat hulle die regmatige verteenwoordiger van [[China]] is (sien ook [[Republiek China]]). Dit beslaan die grootste deel van die kulturele, historiese en geografiese grondgebied wat bekend staan as China. Dit is die land met die grootste bevolking ter wêreld, amper 1,4 miljard, van wie die meeste etnies as van [[Han-Chinese]] herkoms geklassifiseer word.
 
Nog tot in die 16de eeu was China die hoogs ontwikkelde [[beskawing]] op aarde wat homself as die middelpunt van die wêreld beskou het – 'n land wat met sy handelsvloot op alle oseane gevaar en handel met alle wêrelddele gedryf het, 'n land waar tegnologiese en kulturele vooruitgang bewerkstellig is met uitvindings soos [[papier]], [[buskruit]], [[drukkuns]], [[kompas]] en [[porselein]]. Die Volksrepubliek China het intussen 'n fase in sy ontwikkeling betree waar dit as ekonomiese, politieke en militêre grootmoondheid by hierdie verlede kan aanknoop om die Chinese Droom te verwesenlik.
[[Lêer:China 100.78713E 35.63718N.jpg|duimnael|links|[[Nasa]]-Satellietbeeld van China]]
[[Lêer:Wai Tan, Shanghai, China (Unsplash).jpg|duimnael|links|In China se groot metropole begin met groeiende lewenstandaarde ook vroeë vorme van 'n burgerlike samelewing ontwikkel – met maatskaplik-verantwoordelike burgers]]
Vir langer as 2000 jaar is die land deur ’n reeks magtige dinastieë regeer. In 1912 word dit ’n [[republiek]], en in 1949, ná ’n'n lang oorlog tussen die nasionaliste en die [[Kommunisme|kommuniste]], ’n kommunistiese staat bekend as die Volksrepubliek China. Die staat is sedert sy stigting in 1949 deur die [[Kommunistiese Party van China]] (aanvanklik onder [[Mao Zedong]]) gelei. Die vestiging van 'n kommunistiese bewind volgens die voorbeeld van die Sowjetunie en 'n staatsbeheerde ekonomie word deur politieke ontleders en historici dikwels as die eerste van drie rewolusies in China se 20ste en 21ste eeuse geskiedenis beskou. Ten spyte van alle verwagtinge wat in die weste met die val van kommunisme in die [[Sowjetunie]] en die [[Oosblok]]lande in 1989 gekoester is, het China se kommunistiese stelsel geblyk om uiters stabiel te wees.
 
Meer onlangs het die Volksrepubliek China ekonomies vinnig ontwikkel. Vandag is dit een van die belangrikste ekonomiese en industriële moondhede in die wêreld wat volgens sy ekonomiese beplanning tot 2049, wanneer dit die eeufees van die Chinese Rewolusie sal vier, tot die voorste nywerheidsland op aarde sal groei.
9 578

wysigings